Grootfonteinse Kleuters gaan groot met groen Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 21 October 2010 06:43
Untitled Document

Verteenwoordigers van Eskom, Rand Water en Toyota Pretoria Oos het vir kleuters op Grootfontein gewys hoe om die omgewing te bewaar.

’n Omgewingsbewustheidsdag is op 18 September by Nature’s Kids gehou met die doel om kleuters en ouers te leer dat hulle ’n verskil kan maak en die omgewing kan help red.


Pêr Jordaan, ’n Nature’s Kids leerling, help vir Banie Van Niekerk van Toyota Pretoria Oos om ’n boom te plant

Eskom het ’n samesang gehou en gewone gloeilampe vir energie-besparende gloeilampe omgeruil. Rand Water het waterwyse-speletjies en ’n poppespel wat kinders leer hoe om water te bespaar, gehou.

Toyota Pretoria Oos het die kleuters gehelp om bome te plant en die dag is afgesluit deur Ollie die Nar en sy kameraspan.

 

© 2024 Die/The Bronberger