Boomslopers skend Cullinan se karakter Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 18 August 2010 02:40
Untitled Document

Bykans honderd-jaar-oue Jakarandabome wat deel van Cullinan se dorpskarakter vorm, is onlangs sonder seremonie gesloop.

Endstraat in Cullinan se Oudorp het deurgeloop onder boomslopers wat deur twee huiseienaars in diens geneem is. Volgens dié huiseienaars het hul toestemming van die Nokengse stadsraad ontvang om die bome te sloop. Of dié toestemming wel gegee is, kon nie bevestig word nie.

Van die huise in dié deel van Oudorp is tot 105 jaar oud en nasionale kultuurhistoriese gedenkwaardighede. Die Jakaranda-lanings is ’n rukkie ná die bou van die huise aangeplant en het bykans ’n eeu geneem om te groei tot die tonnels met digte blaredakke, wat so gereeld in blomseisoen as kenmerkend van Cullinan afgeneem word.

Inwoners in ander Oudorp-strate is bekommerd oor die vernietiging en dink daaraan om ’n Red Cullinan se Jakarandas-organisasie te stig. Diegene wat deel wil word van so ’n organisasie kan Die Bronberger kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of 012-734-0522.

Lelike letsels is in Cullinan se Endstraat gelaat toe huiseienaars besluit het om die eeu-oue Jakarandas op die sypaadjie voor hulle huise, te sloop

?n Jakarandalaning in Coronationstraat, een straat weg van die boomslopings
.

 

© 2024 Die/The Bronberger