Gered deur weldoener Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 21 January 2010 11:30
Untitled Document

Elsabé Maré

’n Baba witkruismuisvoël is in die begin van Januarie onder in Oaklaan, Cullinan deur Cecilia Ziervogel gered. Hy het in die digte plantegroei agter die Lemon Tree Garden Restaurant uitgebroei, wat ook die jaggebied van die restaurant se twee katte Digger en Artimis is.


Cecilia Ziervogel, links, by Sonja Hayden met Johny Bravo

Sonja Hayden, van die Info Shop, langsaan, weet hoe om klein voëltjies te versorg. Op die foto hou sy vir Johny Bravo vas, wat al klaar water gedrink het en selfs geëet het en nou vas aan die slaap is.

Die witkruismuisvoëls, Colius colius, se nes is ’n skottelvormige houer van droë plantmateriaal met ’n sagte voering. Hy kom algemeen in tuine en boorde voor en broei hoofsaaklik van September tot Desember. Die onvolwasse voël het nie die roesbruin kruis nie, maar die helder blougroen bobek is kenmerkend.


Johny Bravo

 

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger