Storms rig skade aan Print E-mail
News - Ons Omgewing
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

Haelstorms, weerlig en rukwinde het die afgelope maand groot skade in die Bronberggebied aangerig.
Die storm wat op 20 Februarie op Cullinan gewoed het, het baie van die ou jakarandabome ontwortel of takke afgebreek wat paaie versper het en skade aan heinings aangerig het.


Die wind het jakarandas vernietig
Foto: Eus de Clerk


’n Tak van ’n jakarandaboom het op dié heining beland
Foto: Eus de Clerk

Drie huise en ’n sake-onderneming op die dorp se dakke is afgewaai en nooddienste woordvoerder, adjunkhoof Charles Mabaso, het gesê dat verskeie hutte op Refilwe deur die wind vernietig is.


Nog ’n heining wat in die storm gesneuwel het
Foto: Skermgreep van video


Jakarandatakke het paaie versper
Foto: Skermgreep van video

 

© 2024 Die/The Bronberger