Toename in wrede strikke Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 20 October 2023 08:00
Untitled Document

“Help ons om ’n verskil te maak. Ons doen ’n beroep op alle natuurliefhebbers om aan te sluit by ons soektog na strikke en te help om dit te verwyder.”

So sê Born to be Free se Jill Watson. In ’n onlangse boodskap aan grondeienaars in die Bapsfontein-omgewing, sê sy dat daar ’n toename in wrede strikke in dié gebied is. “Dit is belangrik dat ons optree om onskuldige wesens teen die wreedheid van strikke te beskerm.”


Voorbeelde van strikke
Bron: Jill Watson

Strikke word van draad, kabels of tou gemaak en word strategies op dierepaadjies geplaas om diere aan hulle ledemate of nekke vas te vang. Dit kan ’n lang lyding tot gevolg hê.

Soos draadheinings met die tyd agteruitgaan, kom stropers makliker ongesiens by ’n plot of plaas in om strikke te stel. Grensdrade moet gereeld nagegaan en reggemaak word, sê Jill.

Sy sê dat hulle gemiddeld drie strikke op ’n eiendom vind, maar dat tot 10 op ’n slag by eiendomme langs die buitenste paaie gevind word.

In noodgevalle, skakel Born to be Free: 082-320-8607.

 

© 2024 Die/The Bronberger