Enige tuin kan doen met dié
boom se mooi pienk blomme
of trosse rooi bessies as fokuspunt.
Hy is die ideale boom vir ’n
kleiner tuin omdat sy wortels nie
aggressief is nie, hy rypbestand is en
vrugtevretende voëls lok. Die probleem
is net dat dié voëls, of eerder
hulle mis, broodnodig is as jy die
boom wil kweek.
Die trosse klein ronde vruggies word rooi in die herfs
Foto?s: Plantzafrica
Die berghardepeer se sade moet
eers deur ’n voël se spysverteringstelsel
gaan, waar dit blootgestel
word aan die voël se maagsappe
wat die chemiese stuitstof afbreek,
voor die saad maklik kan ontkiem.
Dit is selfs moeilik om die boom van
stiggies te kweek. Verskeie tegnieke
is al probeer, maar lug-lae gee die
beste resultate as jy sade wil
ontkiem. Saai die saad in ’n 1:1
mengsel van riviersand en kompos
en hoop maar op die beste. Jy moet
die sand klam hou en een of twee
van die sade mag dalk ná nege
maande ontkiem. Dit is miskien
makliker om voëlmis onder ’n volwasse
boom op te tel.
Die berghardepeer het ?n ronde
kroon
Die berghardepeer is ’n immergroen
boom wat tot 20 meter hoog kan
word. Hy hou van ’n rotsagtige habitat
en kom op koppies in berg
grasland voor. Die boom kan ’n
enkele of veelvuldige stamme hê en
sy blare vorm ’n ronde kroon. Sy bas
is ’n gladderige grys of romerige
wit, wat soms afdop om oranje
skakering deur te laat. Blykbaar
proe sy bas soos kiniensuur.
Dié boom se blomme word in klein
pienk trosse gedra van lente tot
somer. Nadat hy geblom het, vorm
die boom trosse klein ronde vruggies
wat in die herfs rooi word en
tot in die winter aan die boom bly.
Klein pienk
trosse blomme
word gedra
van lente tot
somer
Die berghardepeer, Olinia emarginata,
behoort aan die Oliniaceae familie
wat bestaan uit omtrent tien spesies
bome en struike wat inheems
aan suidelike en oos-Afrika is. Die
familie is vernoem na ’n Sweedse
botanikus, Johan Hendrik Olin wat
van 1769 tot 1824 gelewe het.
Olinia is die enigste genus in die
familie en in die verlede was daar
groot verwarring met die identifikasie
van dié spesies omdat hul
blare so baie dieselfde lyk. Die naam
‘emarginata’ kom van die Latynse
woord ‘emarginatus’ wat verwys na
die ingekerfde blaarpunte. Dié
punte het gewoonlik ’n pienk of rooi
kleur.
Die blare is ’n glansende donkergroen
aan die bokant en ’n dowwe,
ligter groen aan die onderkant. As
dié haarlose blare gekneus word,
ruik hulle na amandels, wat die vrystelling
van sianied aandui.
Die boom kan ?n enkele of
veelvuldige stamme hê
Geen wonder dat die berghardepeer
bykans die enigste boom is wat nie
tradisioneel gebruik word om
medisyne mee te maak nie. Dit lyk
nie asof enige wildspesies sy blare
vreet nie, tog is voëls gaande oor sy
vrugte. Soos sy naam aandui is sy
hout baie hard en is vroeër gebruik
om waens mee te maak.
Die berghardepeer word bedreig
deur veldbrande. In die hoëveld
word hy ernstig bedreig deur die
indringer Acacia mearnsii en die
toenemende uitbreiding van stede. |