Help soek na dié voëlneste Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 20 October 2022 11:35
Untitled Document

Daar is nog sekretarisvoëls in die Rietvlei-natuurreservaat. Dié voëls is in 2020 as bedreig verklaar weens drastiese bevolkingsafname oor die laaste drie dekades. Gelukkig het Petrus van Eck se begeleide toer deur die reservaat vroeg in Oktober gewys dat daar ’n sekretarisvoël in ’n boom sit. Ongelukkig kon ’n nes nie gesien word nie.

In Desember 2021 het ons berig dat die voëlklub, Birdlife Northern Gauteng, Bronnie-lesers se hulp inroep met die opsporing van aktiewe neste waar henne tans broei of kuikens onlangs uitgebroei het.


Die sekretarisvoël is in Oktober in die Rietvlei-natuurreservaat afgeneem met ’n
begeleide toer deur Petrus van Eck

Laetitia Steynberg, woordvoerder van dié klub, het gesê dat die Birdlasser toepassing, wat ’n lewendige nasionale databasis is waar voëlkykers alle voëls aanteken, heelwat aantekenings van sekretarisvoëls in ons gebied toon. Tog dra die klub geen kennis van neste nie en of die voëls wel in die gebied broei nie.

“Ons voëlklub werk saam met die nasionale liggaam, Birdlife SA, aan ’n projek om grondeienaars bewus te maak van hoe hulle kan help as daar sekretarisvoëls op hulle eiendom voorkom of broei,” sê Laetitia.

Vir meer inligting, bel Laetitia Steynberg: 082-800-6210.

 

© 2024 Die/The Bronberger