Pers prag Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 20 October 2022 11:34
Untitled Document

Dit gons behoorlik oor die pers blommetjies wat skielik langs die paaie en snelweg in die gebied opslaan.

`Alet Erasmus het foto’s geneem om te wys hoe die blommetjies lyk langs die pad na Kleinfontein. Die Bronnie het met plaaslike omgewingskundige, Petro Lemmer, gepraat en sy sê dat dit Lobelia erinus is.


Die pers blommetjies langs die pad na Kleinfontein
Foto: `Alet Erasmus

Petro sê dat dié blommetjies wydverspreid in Gauteng in klam plekke soos padreserwes voorkom. “Ek het ’n paar weke gelede ’n hele plaat by die N4-snelweg se Cullinan-tolhek langs die oprit na Pretoria gesien,” sê sy.

Dié is een van 69 Lobelia spesies wat inheems is aan suidelike Afrika. ’n Paar spesies, soos
L. pinifolia, L. erinus, L. coronopifolia
en L. flaccida is glo as medisinale plante gebruik. Die wortels van L. pinifolia word byvoorbeeld in die behandeling van velsiektes, kroniese rumatiek en jig gebruik.

 

© 2024 Die/The Bronberger