Versigtig wat jy weggooi Print E-mail
News - Ons Omgewing
Friday, 18 February 2022 17:51
Untitled Document

“Wees baie versigtig met dit wat jy weggooi,” sê Carol Martin van Vriende van Serene Valley in Garsfontein.


Die akkedis sit aan die plakker vas

’n Mens besef nie altyd waar jou weggooigoed beland en hoeveel skade dit aan klein diertjies, reptiele en insekte doen nie. Min mense dink dat ’n klewerige plakker ’n doodsvonnis vir ’n akkedis kan wees.


Die plakker lui ‘fragile’

Debbie-lee Cheetham het ’n akkedis gevind wat aan ’n plakker, wat ‘fragile’ lui, vasgesit het. Hy kon glad nie beweeg nie. Sy het klapperolie en ’n verfkwas gebruik om versigtig rondom hom te borsel tot die gom opgelos het. Dit het haar omtrent 20 minute geneem om die outjie los te kry.

 

© 2024 Die/The Bronberger