Cullinan Bewarea wen prys vir biodiversiteit Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 18 August 2009 03:51
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan Bewarea het die gesogte Meerkattrofee gewen by die jaarlikse prysuitdelingsfunksie van die Gautengse Bewarea- Vereniging. Alle inskrywings is deur die ‘Endangered Wildlife Trust’ beoordeel en dié silwer toekenning gee erkenning aan Cullinan Bewarea se versorging van hul biodiverse gebied.

Dié bewarea se voortdurende deelname aan nasionale en internasionale omgewingsgebeure soos ‘Vleiland Week, Aarde Dag and Aarde Uur’ was een van die onderskrywingspunte vir die trofee.


Die uil hou wag op die draai van die grondpad.

Daarmee saam het dié bewarealede die insig om omgewingsbewaring en werkskepping in ’n projek te kombineer, soos die wattelbome wat afgekap word en die latte wat dan verkoop word as netjiese heinings.

Hulle fokus ook op ’n voortgesette reddings- en rehabilitasieprogram en versorg die habitat van diere soos skilpaaie en skaars paddas. Die bewarea streef daarna om deel van die internasionale voëlkykroete te word deur die korrekte bewaring en bestuur van waterbronne in die omgewing.


Die gesogte Meerkattoekenning (silwer) met die gepaardgaande sertifikate en medaljes

Cullinan bewarea is veral bekend vir sy ondersteuningsgroepe wat dadelik reageer in nood, en wat ook in konsultasie met ander bewaarareas, skole en plaaslike regerings is. So probeer hulle om optredes wat skade aan die ekologie en kulturele nalatenskap van die gebied doen, te verhoed.

 

© 2024 Die/The Bronberger