Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 18 March 2009 06:37
Untitled Document

Bronbergers is mos mense wat omgee vir die natuur. Dié liefde vir die omgewing is juis die rede hoekom baie van hulle op hoewes bly. Tog is dit ook dié plotbewonery wat ’n vullis-opgaardery aanwakker, miskien omdat dit soveel moeite is om in verskillende windrigting in te ry om papier, blik, glas en elektroniese goedere te laat herwin.


Organiese plaasprodukte by Masada Plaasmark

Nou wat daarvan as iemand jou vertel dat dié soort goed na vlooimarkte geneem kan word vir herwinning? En dat jy daar sommer terselfdertyd allerhande ‘groen’ produkte kan koop, na demonstrasies kan kyk en na praatjies kan luister. Ons praat nou van die nuwe Groen Mark wat verlede jaar November by die Botaniese Tuine begin het en die Masada Plaasmark wat op Mooiplaats gehou word. Beide markte fokus op die voordele van ’n groener leerstyl.


Daar is Nguni beesvelle en sebravelle by Masada Plaasmark

Herwin
Die Groen Mark het ’n herwinningstasie waar jy jou skoon en droë herwinbare gemors kan gaan weggooi.Hulle aanvaar plastiek, polystyrene, glas, blik, droë en skoon papier, asook jou elektroniese gemors soos selfone, ou rekenaars en rekenaarskerms, muise, sleutelborde, drukkers, haardroërs, yskaste, TV’s, CD spelers en elektriese drade. By Masada Plaasmark se hoofingang is ’n herwinningstasie vir die Bronberg-gemeenskap waar gemors uitgesorteer, geprosesseer en na relevante maatskappye gestuur word vir herwinning. Hulle het verskillende houers vir glas, papier en blik. Besoekers word ook aangemoedig om bruikbare glasbottels, plastiese of polystyrene verpakking en roomysbakke saam te bring. Dié houers word dan hergebruik.

Die Groen Mark se stalletjies bied organiese en natuurlike kosse en drinkgoed, organiese en natuurlike grimering en velprodukte, sonenergie produkte, wurmplase, herwinde kuns en eko-vriendelike huis- en tuinprodukte.


Reduce, re-use, recycle? ? so word markgangers aangemoedig om afval te herwin

Organies
Masada Plaasmark fokus op organiese produkte, soos organiese pekanneute, organiese pesto, vars gebakte brood, groentesaad en plante, vryloop eiers, emu-olie produkte en orgideë, maar daar is ook goeie kwaliteit konvensionele kosprodukte soos cabanossi, Duitse wors, koek en nougat. Die mark is nog jonk, maar die organiseerders beplan om ’n Mekka vir vars, gesonde kos te word. Daar is kuns, handwerk, Nguni beesvelle, sebravelle en aktiwiteite vir kinders.

Die Groen Mark bied interessante demonstrasies oor groen onderwerpe en ’n musiekgroep hou die besoekers fiks met dansoefeninge. Die mark word elke eerste Saterdag van die maand van 9 vm tot 2 nm gehou by die Pretoria Botaniese Tuine in Cussonialaan 2, Brummeria. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of bel vir Melissa by 083-562-5249. Masada Plaasmark word elke tweede en laaste Sondag van die maand gehou van 9 vm tot 2 nm op plot 257, Mooiplaats. Van die N4, neem die Boschkop/Donkerhoek afrit, draai regs, en dit is 1,9 km verder aan die regterkant by Rosemary Hill. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of bel vir Theresa by 083-235-6857.


Kyk net wat kan alles van ou plate en CD?s gemaak word

Kuns en handwerk van herwonne produkte by die Groen Mark

 

 

© 2024 Die/The Bronberger