Hy dra sy manelpak in die somer Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 04 December 2008 01:12
Untitled Document

Die rooikeelflap het sy spoggerige manelpak aangetrek en ’n gedaanteverwisseling ondergaan van die vaal outjie wat hy in die winter is. In die broeiseisoen verander hy van ’n vervelige vaal kortstert kalant na ’n parmantige pikswart verekleed met rooi kraag en lang, wimpelagtige stert.


Hulle sê dat dié outjie se keel net oranje word as hy sy manelpak die eerste keer aantrek

Die arme wyfie bly maar vaal en is moeilik om uit te ken as sy tussen ander vink- en flapwyfies is. Hulle is meestal in groepe bymekaar en die mannetjies is veelwywers wat elkeen ’n paar verskillende wyfies kan hê.

Die rooikeelflap, Euplectes ardens, is ’n klein voëltjie, ongeveer 15 cm lank, plus ’n 25 cm stert in broeityd, en weeg ongeveer 28 gram. Die rooi kraag om die mannetjie se keel is nie altyd ewe sigbaar en opvallend nie. Sommige voëlkenners meen dat die kraag ’n dowwer orange kleur is as die mannetjie die heel eerste keer sy manelpak aantrek.

Rooikeelflappe hou van bosserige wêreld, lang gras in vleie of klam graslande en kom ook naby damme en spruite voor in oewerbosse. Hulle is tipiese saadvreters, maar sluit ook nektar en insekte soos skoenlappers, bye, perdebye, sprinkane en miere in hul dieet in. Hul nessies word hoog bo in boomtoppe gebou. Daar word twee tot vier blou eiers gelê.


Dié volwasse rooikeelflap mannetjie met sy manelpak aan het ?n helderrooi keel
Foto: butterflyworld

 

 

© 2024 Die/The Bronberger