Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 16 July 2008 02:00
Untitled Document

Mooiplaats se mense het voëlname gekies om hulle paaie opspoorbaar te maak; mooi name van ‘grondvoëls’ wat in die omgewing voorkom. Die padname is selfs in dié winter se ongemaklike eendeweer maklik sigbaar. Die naamborde was die inisiatief van ’n baie bedrywige veiligheidsaksie wat deur die gemeenskap in dié deel van die Bronberg bedryf word. Een ou wat blykbaar nie veel sin aan grondvoëls het nie, het besluit om die paadjie wat na sy plothuis lei “Meerkatpad” te noem.

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger