Dis Goliat-groeityd Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 24 October 2012 07:09
Untitled Document

Is jou Goliatpit al in die grond? Oktober is planttyd vir die reusepampoene waarmee deelnemers jaarliks by provinsiale en nasionale kompetisies meeding.

Die Goliat van Gat pampoen-kompetisie groei geil en beloof om weer baie aandag te trek. Die provinsiale beoordeling word in Maart volgende jaar gehou en in ons kontrei wys mense vir mekaar hulle lelikste, mooiste en grootste pampoene by die Pioniersmuseum in Silverton waar daar ook ‘n pampoenpitspoeg- en pampoendra kompetisie gehou word.

Wenners sal deurdring na die nasionale kompetisie. Die wenner van die Maart 2012 kompetisie was Gert van Deventer van Stilbaai. Sy allemintige pampoen het 366 kg geweeg.

Ons kontrei se deelnemers skop gewoonlik die kompetisie af by die Landboukorrels Boeredag wat jaarliks in Oktober by die Cullinan Boere-Unie se terrein gehou word. Die pitte word in Oktober en November geplant sodat die pampoene gereed kan wees vir die kompetisie aan die einde van Maart.

Oud en jonk kan deelneem en al wat nodig is, is ‘n klein stukkie grond en gereelde versorging van die plant. 

Om pampoenpitte te bestel kan voornemende pampoenkwekers vir Lynette du Plessis by TLU SA se kantoor in Silverton bel: 012-804-8031, of vir haar ‘n e-pos stuur: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger