Mooiste onkruid vernietig graslande Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 25 January 2012 07:49
Untitled Document

Plaaslike omgewingskundige, Petro Lemmer, verduidelik hoekom dit noodsaaklik is om die pom-pom-onkruid uit te roei.

‘n Pragtige pienk/pers onkruid hou een van die grootste gevare vir ons land in omdat dit ongerepte grasveld inneem.

Pom-pom, Campuloclinium macrocephalum, behoort aan die Aster-familie en maak duisende saadjies wat deur hulle klein “sambreeltjies” deur die wind versprei word.

Grasveld wat met pom-pom besmet is verloor sy drakrag vir vee en wilde diere en raak totaal waardeloos. Die onkruid bedreig dus ons almal se voortbestaan, want as die boere nie vleis en melk kan produseer nie, kan ons nie lewe nie, grasvretende wild sterf uit, die hele ekonomiese balans van die land word versteur en sy verskeidenheid aan inheemse plante, waarop ons so trots is, verdwyn.


Pom-pom blomme van naderby beskou

Wat kan jy doen?
Die pom-pom blom in die somer, dus nou terwyl jy hier lees.

  • Wanneer jy hierdie plante iewers op jou plot of plaas waarneem, doen onmiddellik iets daaraan.
  • Moenie die blomme vir die huis pluk nie; as dit droog word is die sade reg vir verspreiding.
  • Moenie dit in jou tuin plant nie.
  • Maak jou bure bewus van die pom-pom gevaar.


Duisende saadjies word deur klein “sambreeltjies” in die wind versprei

Uitroei
As jy net ‘n paar plante sien, pluk onmiddellik die blomme en knoppe af en plaas in ‘n donker plastieksak. Laat vir ‘n paar dae in warm son lê, sodat die blomme kan ontbind en saadvorming stop.
Verbrand die oorblyfsels. Trek die res van die plant met wortels en al uit. As die plant afbreek is dit so goed soos ‘n vitamieninspuiting. Al wat ‘n stukkie wortel is sal weer uitgroei.

Dit is beter om die oorblywende plant met ‘n onkruiddoder te spuit. ‘n Mens koop ‘Ridder’ of ‘Round-up’as voorafbereide mengsels in ‘n spuitbottel by die supermark of kwekerye. Dit bevat glifosaat, ‘n middel wat die chlorofiel in die blare van plante vernietig en die plante gevolglik laat vrek. Dit bly nie in die grond agter om ander plante te benadeel nie. Dit maak net die plant wat gespuit word dood.


Koop voorafbereide mengsels in ‘n spuitbottel by die supermark of kwekerye om pom-pom onkruid uit te roei

Onkruiddoders
Gebruik ‘Ridder’ en ‘Round-up’ om enkele plante te spuit. Vir erge besmetting, gebruik ‘Brush-off’, ‘Access’ en ‘Plenum’.

Metode
Gebruik ‘n enkeltoediening, volle bedekking, op aktief-groeiende plante en dan weer een keer in die laat somer. Spuit hergroei waar nodig.


Pom-pom onkruid in die veld

Rapporteer
As jy baie pom-pom onkruid op jou plot of plaas het, rapporteer dit onmiddellik. Bel vir Joan du Toit by 083-681-5122 of 012-736-2069. Dit is belangrik dat jy die naam van die plaas of plot aangee, indien moontlik ‘n GPS lesing van die besmette plek, en jou kontakbesonderhede.

Vir meer inligt ing, besoek www.arc.agric.za of skakel die Landbounavorsingsraad se onkruidafdeling by 012-356-9800.

 
 

© 2024 Die/The Bronberger