Hoekom blom die Jakarandas nie? Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 17 October 2011 09:55
Untitled Document

Die Jakarandas het vanjaar teleurgestel. Waar die gebied se uitheemse blombome gewoonlik dié tyd van die jaar vir ‘n pers skouspel sorg, was dit hierdie jaar maar ‘n eina vertoning.

Ook Cullinan se Jakaranda-lanings steek sleg af teen verlede jaar Oktober.

Volgens die kenners is daar ‘n paar redes wat kan bydra tot dié verskynsel. Bronbergse plantkenner, Petro Lemmer, sê sy kan dit dalk toeskryf aan die onnatuurlike koue wat maar net nie wou wyk nie.


Cullinan se Jakarandas laasjaar Oktober


Só lyk dieselfde Jakaranda-laning in Coronationstraat dié jaar

Jakarandas is sensitief vir koue, en vanjaar se winter was glo een van die koudstes in ‘n lang tyd. Dit het gouer as gewoonlik begin koud word en die koue nagte het langer aangehou.

Jakarandas het glo ook ‘n droë tydperk nodig en dié winter het daar juis ongewone winterreën in ons gebied geval.

 

© 2024 Die/The Bronberger