Leeus brul by Groot Vyf reservaat Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 17 October 2011 09:54
Untitled Document

Die Dinokeng Groot Vyf reservaat noord van Cullinan is op 22 September deur die Gautengse Premier, Nomvula Mokonyane amptelik geopen.

Die eerste leeus het op Maandag 19 en Woensdag 21 September daar aangekom. Die reservaat het reeds luiperds en witrenosters en die olifante sal voor die einde van Oktober daar wees. ’n Trop buffels sal teen die einde van die jaar  gevestig word.


Die hoof ingangshek na die Dinokeng Groot Vyf Wildtuin word bereik deur die Boekenhoutkloof /Hammanskraal afrit van die N1 noord te neem

Die Dinokeng Groot Vyf Wildtuin bestaan uit individuele stukke grond in private besit. Die aanvanklike fase, wat uit ongeveer 12 500 ha bestaan het, is tot 18 500 ha vergroot in 2010 en word deur 271 grondeienaars besit en bestuur. ‘n Verskeidenheid oornag-geriewe, vanaf kampering tot vier en vyfster verblyf is vir besoekers beskikbaar.


Leeus wat in September by die Dinokeng Groot Vyf reservaat aangekom het
Foto’s: Dinokeng Groot Vyf

Dié wildtuin het vyf toegangshekke. Die hoofhek, Boekenhoutkloofhek, word as volg bereik: Vanaf die N1 noord, neem die Boekenhoutkloof /Hammanskraal afrit. Draai regs oor die snelweg en volg die aanwysingsbordjies.

Vir meer inligting, kontak Linda Daymond by 083-307-0481 of Carlien Pieterse by 082-736-9160.

 

© 2024 Die/The Bronberger