Deesdae het bykans elke
twee de plot in die Bronberg-gebied ’n volstruis wat
wakker wagstaan, of is dit nou wagdraf
rondom grensdrade, om indringers af te skrik.
Met die vinnigste landspoed van alle
voëls, 65 km per uur, is daar nie ’n
boef wat vir dié wag-voël sal kan
weghardloop nie. Sy skop is iets om
te vrees en kan ’n mens se dood
veroorsaak. Gelukkig kan volstruise
se bene net in een rigting buig en
hy kan slegs vorentoe skop.
Dié voël het ’n aantal vreemde
gewoontetjies, waarvan klippe sluk
een is. Blykbaar doen hy dit om te
help met die vertering van kos. ’n
Volwasse volstruis dra gewoonlik
omtrent 1 kg klippies in sy maag
rond.
Volstruisvere was hoogmode in
dié 1820 hoede
Foto: Wikipedia
Van al die mites en legendes rondom volstruise is die bekendste een
volgens die kenners klaarblyklik vals:
Volstruise begrawe nie hulle koppe
in die sand nie.
Mense se verbintenis met volstruise
strek so ver terug as 60 000 VC. Tekens is in die Kalahari gevind dat
volstruiseiers sedert daardie tyd as
waterhouers gebruik is. Eierdoppe
waarop simbole gegrafeer is, dateer
terug na die middel steentydperk. In
Mesopotamië en Egipte word volstruise
reeds 5 000 jaar lank afgebeeld.
’n Standbeeldjie van Arsinoe
II van Egipte wat op ’n volstruis ry is
in ’n Egiptiese graf gevind.
Dit is dalk dié lang verbintenis wat
maak dat volstruise wat hans grootgemaak
word, hul hofmaak-dansies
nie vir ander volstruise sal uitvoer
nie, maar vir mense. Dié is ’n redelike
ingewikkelde dans waar die
haan vlerke klap en die hen met
hangvlerke in sirkels rondom hom
beweeg.
Vrouens het selfs op volstruise ‘side-saddle’ gery
Foto: National Geograhic
Natuur
In die natuur lewe volstruise meestal
in nomadiese groepe van tot 50
voëls wat deur ’n hoofhen gelei
word. Hane kompeteer en die wenhaan
word toegelaat om met al die
henne in die omgewing te paar,
maar hy vorm net met die dominante
hen ’n langdurige verbintenis.
Al die henne lê hulle eiers in een
gemeenskaplike nes, ’n eenvoudige
put van 30 tot 60 cm diep en drie
meter wyd. Die dominante hen lê
haar eiers eerste en as dit tyd is om
die eiers toe te skrop, sal sy die
swakker henne se eiers uitkrap tot
daar net ongeveer 20 eiers oor is.
’n Karretjie word in 1911 deur ’n
volstruis getrek
Foto: Wikipedia
Volstruise lê die grootste eiers van
alle voëls maar, relatief tot die
grootte van ’n volwasse volstruis, is
hulle eiers die kleinste in die voëlryk.
Die eier is gemiddeld 15 cm
lank, 13 cm wyd en weeg 1,4 kg,
meer as 20 keer soveel as ’n hoendereier.
Die hen broei bedags en die haan
snags. Hul kleure word sodoende
ingespan om die nes te kamofleer –
die bruin hen wat soos die sand lyk
en die swart haan wat bykans
onsigbaar is in die nag. Eiers broei
ná 35 tot 45 dae uit.
Die ingewikkelde paardans
Foto: Wikipedia
Grootste
Volstruise is die grootste spesie in
die voëlklas en die enigste oorlewende spesie van die familie,
Struthionidae, en die genus Struthio.
Die volstruis, Struthio camelus, se
wetenskaplike naam is van die
Griek se strouthokamelos, wat as
‘kameelmossie’ vertaal kan word.
Sommige kenners sê die ‘kameel’
deel van die naam verwys na die
voël se lang nek, terwyl ander sê dat
dit na die woestynagtige dele waarin
volstruise voorkom, verwys of die
feit dat hulle, soos kamele, vir lang
rukke op metaboliese water kan
oorleef. Hulle Afrikaanse naam is ’n
omgekeerde vereenvoudiging van
die Nederlandse woord ‘struisvogel’.
Volstruise is inheems aan die woestynagtige gebiede van Afrika, maar
is besonder aanpasbare voëls wat
kan lewe in toestande wat wissel
van baie koud tot tropies warm.
Hulle kan vir verskeie dae sonder
water oorleef, maar as water geredelik
beskikbaar is, drink hulle gereeld en is lief daarvoor om te bad.
’n Volstruis-eier in vergelyking
met hoendereiers
Benut
Min vee kan so deeglik benut word
soos die volstruis. Hy kan gebruik
word vir sy vleis, vel, vere, vet, eiers
en volstruise word selfs deur jokkies
in wedrenne gery. Volstruisvleis
lewer net sowat die helfte van die
kilojoules van beesvleis en is laag in
vet en cholesterol.
Volstruis-boerdery het egter in April
weer ’n knou gekry. Suid-Afrikaanse
volstruis-uitvoere na die Europese
Unie is opgeskort nadat voëlgriep by
voëls in die Wes-Kaap opgemerk is.
Wêreldwyd is verreweg die meeste
volstruisprodukte, sowat 75%, afkomstig uit Suid-Afrika.
Sowat 60% van die inkomste uit
volstruisprodukte kom uit volstruisleer, wat gebruik word vir die maak
van handsakke, jasse en skoene.
Volstruiseiers is in groot aanvraag vir
die dop wat in ornamente, juwele
en aandenkings gebruik word.
Blykbaar kan volstruise se beensenings ook in mense ingeplant
word, die kornea kan op die menslike oog oorgeplant word en breinbestanddele word nagevors vir
moontlike gebruik in die behandeling van Alzheimer.
Volstruis-kuiken
Boerdery
Volstruise kan in troppe aangehou
word, maar vir teeldoeleindes is
groepe van een haan en twee
henne ideaal. So ’n groepie benodig
0,25 ha grond, met 1,7 m of hoër
omheining. Die kamp moet verkieslik
langwerpig wees sodat die voëls
oefening kan kry.
Volstruise begin op twee tot drie
jarige ouderdom lê en het ’n produksieleeftyd
van omtrent 30 jaar.
Tog, weens onvrugbare eiers of
kuikenvrektes, lewer slegs die helfte
van die eiers wat gelê word op die
ou einde voëls van slaggroote. In
hulle eerste maande is kuikens vatbaar
vir koue, veral in reënweer,
omdat hulle vere nie natuurlike
olies bevat wat hulle teen water
beskerm nie.
’n Broeigroep van drie voëls behoort tussen 30 en 50 volstruise te
lewer wat op een-jarige ouderdom
geslag kan word. Op dié ouderdom
behoort die volstruis 100 kg te
weeg, maar net 30 kg daarvan sal
vleis lewer.
As die broeigroepie van drie voëls
binne ’n jaar 40 kuikens lewer, kan
dié kuikens as slagvee in die
komende jaar 1 800 kg vleis, 50 m²
leer en 36 kg vere lewer. As ’n mens
dit vergelyk met beesboerdery lyk
die stasistieke so: ’n koei lewer jaarliks
een kalf waarvan 250 kg vleis en
2,7 m² leer verkry word.
’n Volstruis resies in die
Oudtshoorn-distrik
|