Bewaria kies boogjag as beste wildbestuur Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 23 April 2008 02:00
Untitled Document

Die Bronberg-omgewing is deurspek met wildkampe, wildparke, wildtuintjies en bewarias. Wild word ewe entoesiasties aangekoop met die stigting van dié plekke, maar wanneer dit na ’n paar jaar nodig word vir uitdunning, word die diere verwilder en beseer. Wat is die beste manier om wildgetalle onder beheer te hou?

Die jagseisoen is amper op ons. Dit is die tyd wat troppe aangekoopte wild in die Bronbergomgewing hulself te pletter hardloop terwyl onkundiges met jaggewere probeer om dié wat die ergste beseer is eerste dood te skiet. Is daar ’n manier om dié jaarlikse chaos hok te slaan?

Die Bronberg Bewaria, langs Lynnwoodweg-verlenging, glo so. Volgens die bewaria se voorsitter, Henriëtte Kieser, is boogjag die antwoord. Sy sê dat die Bronberg Bewaria die Universiteit van Pretoria se Natuurbewaringsdepartement gebruik vir advies en riglyne om die bewaria te bestuur. Baie navorsing is gedoen om die bewaria se ekosisteem te bestuur en dié navorsing het getoon watter spesies en hoeveel van elke geslag verminder moet word.

Na verskeie ondersoeke is daar aanbeveel dat gegewe die bergagtige terrein en oorhoofse kragdrade, boogjag die ideale opsie is.


?n Rooibok en haar lammetjie in die Bronberg Bewaria

Boogjag
Henriëtte sê dat groot suksesse verlede jaar behaal is met boogjag in die bewaria. Baie lesse is geleer en goeie vordering is gemaak met die daarstel van die infrastruktuur wat benodig word vir boogjag.

Daar is reeds twee boma-skuilings opgerig en hulle sal vanjaar in gebruik geneem word. Volgens die Bronberg Bewaria is boogjag die mees konomiese
oplossing en die enigste metode waar jy baie selektief kan uitdun sonder om die diere wild te maak.

Die bewaria is lid van die SA Boogjagvereniging, is geregistreer by die Departement van Natuurbewaring as ’n bewaringsgebied met spesiale permitte n vrystelling vir boogjag, en word ondersteun deur Suid-Afrikaanse kampioenboogjagters en spesialiste.

Kundiges
Die Bronberg Bewaria is al meer as sewe jaar amptelik aan die gang. Daar is ’n baie nou samewerking met verskeie kundiges en instansies.

Die bewaria word gereeld besoek deur die boomverenigings, dendrologiese verenigings en insekverenigings. Die Universiteit van Pretoria gebruik die bewaria vir nagraadse studies vir Prof Braam van Wyk se studente.

Die bewaria het sy eie brandbestrydingspan en ’n 4x4 vragmotor wat spesiaal ingerig is vir dié doel. Verskeie laatnag en vroegoggend wegholbrande is
verlede jaar suksesvol deur die bewariaspan beveg.


Wild wei rondom die huise in die Bronberg Bewaria

Volgens Henriëtte moet die volgende spesies verder uitgedun word dié winter: blou wildebeeste, rooibokke en hartbeeste. Die Bronberg Bewaria is streng met die keuring van jagters en enige navrae kan gerig word aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir meer inligting oor brandbestryding en wildbestuur, kontak Hennie Kieser by 082-450-5921 of vir Henriëtte by 012-811-1168.

 

© 2024 Die/The Bronberger