Leserslens Desember 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 20 December 2023 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


’n Nuuskierige Brahman-bees staan nader
Foto: Nadine Smit


Ronell van der Merwe het dié ongewone sonneblom in ’n kweekhuis raakgeloop


Purper wolke word deur blitse oor Tierpoort verlig. Chérie Prinsloo het die foto geneem


Nog ’n somer-donderstorm tref die gebied in November
Foto: Amelia Hetzel


Bruno tuur in die verte, midde ’n somersveld vol wit blommetjies
Foto: Nadine Smit


Dit is lekker om nog kind te kan wees soos in die goeie ou dae
Foto: Emma Koekemoer


Dollo Norman het die oranje lug ná ’n sonsak-storm oor Cullinan bewonder


’n Windpomp hou wag langs ’n plattelandse stofpad
Foto: Emma Koekemoer


Die maan loer deur die blare op die plaas Onbekend te Welbekend
Foto: Ronell van der Merwe


Die son sak ná nog ’n mooi November-dag op Witfontein
Foto: Ursula Joubert


“Vanmiddag se ‘onweer’-mooi sê `Alet Erasmus oor dié foto van haar


Só gaan die son in die Welbekend-distrik onder
Foto: Ronell van der Merwe


’n Halwe reënboog strooi sonsondergangkleure oor Kleinfontein uit
Foto: `Alet Erasmus


Grassade kry ’n helder kleur wanneer die sonstrale hulle streel
Foto: Emma Koekemoer


Sonsondergang by Heron Hill-tuinlandgoed
Foto: Rudi Botha


Hannelie O’Neill het die maan op Bronkhorstspruit bewonder


Eskom se kragmaste word deur die sakkende son se laaste strale oor Tweedracht verlig
Foto: Daleen Small

 

 

© 2024 Die/The Bronberger