Leserslens Julie 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 24 July 2023 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Dié valkie (Falco tinnunculus) het buite op ’n vensterbank gekuier
Foto: Eus de Clerk


“Winter-sonskyn soen die koue met sy bloedrooi lippe,” sê Laurika van der Linde oor
dié foto van haar


Coenie Henry het die winter-wilgerbome voor ’n plaasdammetjie op Onbekend bewonder


Die water is ysig koud en dit is baie lekkerder in die sonnetjie op die oewer
Foto: Emma Koekemoer


Aandskemering gesien vanuit Kleinfontein
Foto: 'Alet Erasmus


Dié tarentale het met sonsopkoms op 7 Julie vir ’n bietjie warmte sit en wag
Foto: Ria MJ N Pieterse


Geduldige jagters by skemerwaters
Foto: Eus de Clerk


Dié aalwyne verleen ’n tikkie warm kleur aan die dorre winter-landskap
Foto: Emma Koekemoer


’n Mistige sonsopkoms in die Bapsfontein-omgewing
Foto: Hardus van Coppenhagen


Johan Pretorius het dié rietduiker en lepelaar vroegoggend by die dam op
Stillbosch-wildreservaat raakgesien


“Kyk net hoe geniet die witpenssuikerbekkie die aalwynblom,” sê fotograaf,
Frik Bezuidenhoudt van Swaeltjie


Julie se volmaan soos hy oor Boschkop opgekom het
Foto: Maggie Fleuriot


Dié merrie, genaamd Angel, staan in ’n Tierpoortse winterveld en droom oor die somer
Foto: Donatella Casillo

Die wêreld was wit


Ronell van der Merwe sê dit was ’n spierwit wêreld op 10 Julie op die plaas Onbekend
te Welbekend
Foto: Madeli


Plante wat nie beskut was nie, het deurgeloop
Foto: Madeli


Sneeuvlokkies val in die nag
Foto: Madeli

 

© 2024 Die/The Bronberger