Leserslens Mei 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 18 May 2023 09:19
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Ja, ou swaer. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie. Carmen Bredenkamp het dié donkie op Donkerhoek raakgeloop


Daar sit ’n by. Woerts! Weg is hy . . .
Foto: Eus de Clerk


Rustigheid aan die einde van die dag
Foto: `Alet Erasmus


Swaar reën is op pad, sê Ellen Coetzee oor dié foto van haar


Só lyk ’n Saterdagmiddag op Boschkop, waar die veld wys dat die winter so te sê op ons is
Foto: Lukas Laubscher


Leon Kriel sê Cullinan het van die mooiste sonsondergange in die wêreld


Die son verlig ’n donker Eskom kragmas op Tierpoort
Foto: Donatella Casillo


Lewe spruit voort uit dié verbrande boomstomp
Foto: Chanél Annique Engelbrecht


Selvyn Smith het die son sien ondergaan by die Henryville-dam op Bashewa


Twee van die vyf nagapies wat in Shanel Steenkamp en gesin se huis op Boschkop bly


Andri Yunnie het op ’n blom met ’n baie ongewone kleur afgekom


Sir Charles, die kat, sit ewe netjies stil om sy buitengewone swart-en-wit patroon vir die
kamera te wys
Foto: Ellen Coetzee


Dié boom is vanjaar weer in asemrowende herfskleure getooi, sê Emma Koekemoer, wat die foto geneem het

 

© 2024 Die/The Bronberger