Leserslens April 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 21 April 2023 11:13
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ’n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Nog ’n treffende sonsondergang soos afgeneem deur Laurika Van der Linde by Harmonie Proteas


’n Bandkeelvink in vlug vasgevang deur die vinnige oog van Albert Bester


Annamarie du Toit het dié skaam meisie, wat graag anoniem wil bly, sien kosmosse pluk op die Kleinfontein-hoewes


’n Sprekende voorbeeld om jou beste te gee waar jy geplant is, is die fyn blommetjies wat `Alet Erasmus op ’n droë stomp raakgeloop het


Snoesig verskuil in die lower van ’n suurlemoenboom broei dié rooiborsduifie ongestoord
Foto: Koos Kraft


Om nog kleur by die oordadigheid van kosmoskleure te voeg, het dié skoenlappertjie vir Emma Koekemoer opgedaag


Dit wil amper lyk of dié wolk oor Tweedrag aan die brand is. Dalk was Eskom se krag dié keer aan toe die wolk verby die takelwerk beweeg
Foto: Helena Potgieter


Met sy landings-toerusting gereed vir ’n kort kosmos-aanloopbaan maak dié bytjie van Bashewa gereed om nog ’n vrag uit die oorvloed te laai
Foto: Carolize van der Linde


Wonderlike ding staan en wonder oor die wonderlike mooi middag op die perseel van
’n kuierplek op Kaalfontein
Foto: Laurika Van der Linde


Dié tyd van die jaar kos dit mos net harde werk om vir die swerm te voorsien. Eus het dié werker in ’n diep kosmosmyn afgeneem


Kontrasterende kleurespel op Witfontein: Ursula Joubert het dié foto van swaar reënwolke, wat hang oor die sonverligte winterkleurige lang gras, geneem


Krag en water kan soms skaars raak, maar asemrowende sonsak- en -opkoms-tonele kry ons kontrei in oorvloed, sê Eus de Clerk


Fyntjies, dog goed bewapen is dié perdeby besig om modder vir nesmaak te soek
Foto: Ronell van der Merwe


Oumansbaard hang effe slordig waar hy wil met die son wat van agter skyn
Foto: Liezel Yssel


Donatella Casillo van Tierpoort het die rustigheid van skaap-wees in haar foto vasgevang


’n Mistige dagbreek in Rayton se omgewing soos afgeneem deur Marinda Smal

 

© 2024 Die/The Bronberger