Leserslens Januarie 2023 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 20 January 2023 12:51
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Ná ’n paar dae se grys, trietsige oggende het hierdie toneel Ronell van der Merwe op die oggend van 2 Januarie op Onbekend begroet


Die laaste sonstrale van die dag val soos vlerke op ’n perd genaamd Angel. Donatella Casillo het die foto op Tierpoort geneem


Die kontras tussen die bron van standvastige en kragtige lig en die netwerk van ’n onbetroubare kragbron is met hierdie foto deur Herman van Zyl vasgevang


’n Mens kan nie vir veel meer vra nie: Genoegsame weiding met beloftes van verdere reën, sê Emma Koekemoer oor dié foto van haar 


Marinda Smal het dié besonder wolkformasie op Kersoggend afgeneem


James Flint het dié waterbok in The Hills afgeneem


Perfek gevorm en rond-ryp wag dié veldplant se saad op die regte wind om sy nageslagte wyer te verprei. Lynette Jooste het die foto geneem


Hannes de Wet het gekyk hoe die son oor ’n dam op Bashewa ondergaan


Marietjie Scriven het dié foto in Desember vanaf Nkwe Plesieroord se karavaanpark geneem


Ná die soveelste lekker reënbui was ou raasbek en sy maats maar tevrede om vir eers tjoepstil in ’n boom te skuil. Liezel Yssel het die foto geneem


“Saligheid uit ons eie klein tuintjie,” sê Tienie van Vuuren wat dié foto in haar man Dries se groentetuin in Nestpark, Bapsfontein geneem het


Die sakkende son span sy verfkwas in om wolke bokant Cullinan om te toor in ’n kunswerk
Foto: Eus de Clerk

 

© 2024 Die/The Bronberger