Leserslens Desember 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 15 December 2022 07:41
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Ná nog ’n bui reën in die gebied het Claire Geschwend op dié meesterstuk afgekom


Nog ’n merkwaardige sonsondergang soos gesien vanaf die gebied se Klein Skukuza deur
Johan Pieterse


’n Heuningbytjie moet vroeg roer as sy wil oes uit die blom van ’n draakvrug soos dié, want dié plant blom eintlik in die aand en kruip weg as dit ná ’n rukkie daglig sien. Chanél Engelbrecht was wakker genoeg om dié toneel vas te vang


Ná ’n donderbui in November het Cherie Prinsloo dié toneel op Swaeltjie bewonder


Geluk is . . . ’n nuwe speelding, sê Ratel, Stoffel Nel van Cullinan se hondjie
Foto: Rina McMaster


Die son en ’n stukkie blou lug word geknyptang tussen twee swaar wolkformasies wat later reën en hael sou bring. Marinda Smal het die foto geneem


Laurika Van der Linde het dié toneel met ’n ou kiepersolboom afgeëts teen die sakkende
son afgeneem


Weggesteek en alleen het dié beskeie kappertjie nogtans haar mooiste tabberd aangetrek
Foto: Liezel Yssel


Donatella Casillo van Tierpoort het dié ongewone wolke langs Lynnwoodweg raakgesien


Theus Badenhorst het dié langkuifarend op 20 November op die Tierpoortpad gewaar


Die afsluiting van nog ’n mooi dag op ’n lap aarde in Tweedracht se omgewing
Foto: Helena Naudé Potgieter


Sy leer nog hoe om die grimering mooi aan te sit, sê Emma Koekemoer oor dié kostelike kaatjie wat sy raakgeloop het


Jy sê ek moet wat op die leer gaan haal? Dit lyk of Patat die Basset-brak ’n antwoord op ’n baie vreemde vraag soek
Foto: Hilda de Bruyn


Nog ’n wilde windstorm het op 26 November skade in die Welbekend-gebied aangerig. Ronell van der Merwe het dié foto van skade op haar grond geneem


Eus de Clerk het dié foto vroegdag by ’n voëlvoerder geneem en meen dis ’n geval van
‘die rooidag het gebreek’


Goudgeel, piepklein en met ’n glimlag op die rug het dié motjie op `Alet Erasmus se rekenaarskerm kom sit

 

© 2024 Die/The Bronberger