Leserslens November 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 17 November 2022 14:26
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Die oggendstond . . . Antoinette Coetzee was vroeg uit die vere om dié toneel vas te vang


Eendjies – nie noodwendig in ’n ry nie – maar eendjies soos afgeneem deur Johann van der Linde


Selfs die duiwe het die welkome reën teen die einde van Oktober geniet, sê Laurika van der Linde oor dié foto van haar


Op die eerste dag van November het Nadine Minnaar ’n uitstappie in Tierpoort se ‘strate’ geniet, terwyl die wolke beloftes van reën getoon het


Liezel Yssel het dié skrynwerker-by druk besig met haar (die mannetjie se strepe is blykbaar geel) timmerwerk afgeneem


Rina McMaster wys hoe ’n Amaryllis begin oopgaan. Sy sê die woord ‘Amaryllis’ kom van die Griekse woord ‘amarysso’ wat ‘vonkel’ beteken.


Verskeie lesers het dié merkwaardige wolkformasie laat in Oktober oor ’n wye deel van die gebied raakgesien en afgeneem. Dié foto is deur Marinda Smal geneem


Chanél Engelbrecht het dié besoekertjie aan ’n gousblom raakgesien


Nog ’n nuwe dag breek aan op Onbekend
Foto: Ronell van der Merwe


Carel Breytenbach van Kleinfontein sê dié vetplant het vanjaar vir die mooiste lenteglimlag gesorg 


Laurika van der Linde se uitsonderlike foto beeld ’n bewolkte dag op Cullinan uit


Dié besondere blare lyk vir hom soos iemand se skildery, sê Eus de Clerk


“Ek het nog nooit so iets gesien nie,” sê Margie Lourens oor dié wolk wat sy op 28 Oktober
afgeneem het


Sy weet ’n nuwe seisoen het aangebreek as sy só ’n pragtigheid uit haar tuin op Tweedracht kan pluk, sê Helena Potgieter


Dit is nie aldag dat ’n enkele papegaaiduif in ons gebied lank genoeg gesigwys om afgeneem te word nie. Albert Bester het die foto geneem


Twee opgeskote hadida-kuikens saam met hulle ma (of pa?) in die nes is deur
Chanél Engelbrecht afgeneem

 

© 2024 Die/The Bronberger