Leserslens Oktober 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 20 October 2022 11:37
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


`Alet Erasmus sê sy sien nou al uit na die lekkerte van koue turksvye in Januarie as sy verby haar bos wat oordadig aan’t blom is stap 


’n Rooivlerkspreeu koel af in ’n waterfonteintjie in Rina McMaster se tuin


Nog ’n uitsonderlike sonsondergang soos afgeneem deur Andri Yunnie


Lesers van oral af het foto’s aangestuur van bladrose wat uitspattig blom. Marinda Smal het dié een met ons gedeel


Op ’n mooi dag laat in September het die reënwolke belowend bokant die gebied gehang, maar die belofte het toe volgens Paulina Gerber Foxcroft beskaam


Albert Bester het besluit om ’n paspoortfoto van dié bruinkopvisvanger te neem


Die luilekker van ’n Sondagmiddag spreek op plaaskat, Gismo, van Onbekend se gesig. Sy mens, Ronell van der Merwe, het die foto geneem 


‘Statig op die klippertjies’ sou die titel van dié foto van ’n selfvoldane, mooi werfhaan, geneem deur Leonie Gunter Kraft, kon wees


Die jakarandas in Cullinan se Oudorp bly maar die heel mooiste, sê Kobus Coetzee


Die takelwerk van die diamantmyn op Cullinan se hyserskag vroeg op ’n mistige oggend soos afgeneem deur Liezel Yssel


Die fyn ‘draadwerk’ van die blomsaad is deur Gene de Lange van Shere vasgevang


Skuins voor dagbreek het Eus de Clerk dié paartjie afgeneem waar hulle wag op
die eerste sonstraaltjie


Vreugde is arms vol blomme en bloeisels as die seisoen sy draai gekry het, sê Laurika van der Linde oor dié foto van haar


Aanloop na die eerste amperse donderstorm van die seisoen op Albert en Beverley Kaffka se plaas Foxhill op Rietfontein naby Rayton
Foto: Beverley Kaffka


Daar word hard gewerk om dié swartkeelgeelvink se snyerspak (of is dit vryerspak?)
gereed te kry vir die nuwe seisoen
Foto: Johann van der Linde

 

© 2024 Die/The Bronberger