Leserslens Augustus 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 20 August 2022 05:25
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


’n Mooi wintertoneel by Waterlake Farm, soos gesien deur die lens van JF Hansen


“Al danssend sorteer ons, ons probleme uit,” sê Anton Prinsloo oor dié foto wat hy by Rietvlei-natuurreservaat geneem het van twee sebras wat baklei


‘Goeie more,’ is die boodskap wat Emma Koekemoer saam met dié foto van haar aangeheg het


Selfs in die ry op ons gebied se paaie, is die mooi om ons daar om waardeer te word. Laurika van der Linde het dié foto geneem


’n Koedoebul en vers op die kruin van die Bronberg. Paul Gerber het dié laatmiddag se mooi in die Bronberg-bewarea raakgeloop


Altie Potgieter sê met ’n onlangse besoek aan Rosemary Hill op Mooiplaats het sy die eerste keer waterblommetjies ervaar. Die rooiperdeby ken dié Kaaplandse aardigheid blykbaar reeds goed


Die mooi van ’n bontrokkie word deur die fotografiese vernuf van Johann van der Linde uitgelig 

 

© 2024 Die/The Bronberger