Leserslens Junie 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 17 June 2020 14:38
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Amorien Van Heerden het dié herfstoneel in Rooikatstraat, Tierpoort op 26 Mei raakgesien


Met ’n naam wat ’n rasegte leeuhond se reputasie gestand doen, is Simson eintlik baie vredeliewend en liefdevol teenoor sy mense en veral kinders. Een van Simson se buurkinders op Elandshoek, Karli, kuier hier saam met die mooi rooi rifrug agter op sy baas se bakkie
Foto: Buks Barnard


Albert Bester van Grootplaas het die broosheid van dié rooiborsduifie in die
fynste besonderheid vasgevang


’n Heerlike wegneem-ete vir dié Kaapse glasogie is gereed vir haal-en-nie-betaal by Laurika van der Linde se voerder in haar tuin


Met die lug so helder blou soos net die winter dit kan inkleur, sit dié kwêvoël hoog in die takke op ’n Rooikoppies-plaas om die wêreld te bespied
Foto: Johann van der Linde


Luilekker lê dié plaaswerfkat van Onbekend uitgestrek in die wintersonnetjie
Foto: Ronell van der Merwe


Die uitgestrekte oopte van ’n landelike landskap, sê Roxanne Dehon oor dié foto van haar


’n Swart-suikerbekkie sit in ’n droë winterboom met die wolklose blou hemel as agtergrond
Foto: Laurika van der Linde


Elaine Groenewald Hope het die sakkende son vanaf Zwavelpoort in die rigting
van Mooiplaats afgeneem


As die natuur gelos word om sy loop te loop, floreer hy, sê Liezel Yssel oor dié foto van haar


Net voor sonsopkoms het Emma Koekemoer se foto ’n ander perspektief van die sekelmaan gegee


Eus de Clerk en sy vrou het met inperkingstyd vir ’n wandeling met ’n stofpaadjie langs gegaan, toe hy dié foto geneem het


Die profiel van ’n droë boom met sonsondergang soos deur Altie Potgieter afgeneem


Aalwyne gee kleur aan die winterveld met die Boschkopvallei onder ’n blou
winterhemel in die agtergrond
Foto: Alet Erasmus


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Junie 2020 in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger