Onsekere tye Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

So reg uit ‘n Marvel-strokiesboek gebeur hierdie vreeslike ding. Mense word weer mens en gesinne spandeer weer tyd saam met mekaar. Maar die vraag op almal se lippe is egter: Wat van die ekonomie?

Elke onderneming – maak nie saak hoe groot of klein nie – gaan moet aanpassings maak. So ook elke huisgesin en elke individu. Hierdie mag dalk soos ‘n groot berg voor jou lê, maar dit bied ook die geleentheid vir nuwe idees en sakegeleenthede.

Stel ‘n begroting op: Wat is ‘n begroting? Dit is ‘n vooruitskatting van verwagte inkomstes en uitgawes oor ‘n spesifieke tyd in die toekoms. Dit sal ‘n goeie idee wees om vir ten minste die volgende ses maande ‘n begroting op te stel sodat jy kan sien waar dit moontlik sal wees om uitgawes te sny.

Stap 1: Bereken jou toekomstige maandelikse inkomste. Kyk veral nou na opsies om aansoek te doen vir befondsing vir klein ondernemings. Maak seker dat jou onderneming aan al die vereistes voldoen voor jy blindelings wegspring en aansoeke begin invul.

Stap 2: Maak ‘n lys van al jou uitgawes. Kyk waar jy kan bespaar en gesels met finansiële instellings oor opsies tot jou beskikking. Wees baie versigtig om nie nou te veel ekstra skuld te maak om onmiddellike uitgawes te dek nie. Lenings dra rente!

Stap 3: Beplan langtermyn. Doelwitte vir spaar asook afbetaling van skuld is hier belangrik.

Stap 4: Noudat daar beplan is, is dit tyd om rekord te hou van alles. Dit gebeur so maklik dat ‘n mens net gou ‘n brood gaan koop en uitstap met melk, kaas en jogurt (en geen brood nie).

Stap 5: Hersien deurlopend jou begroting en maak aanpassings soos nodig.

Bly positief en sien nuwe geleenthede raak.


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

 

© 2024 Die/The Bronberger