Leserslens April 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 23 April 2020 08:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Dié Nguni-bul stap rustig nader met sonsondergang op die plaas, Rooikoppies. Johann van der Linde het die foto geneem


Moederliefde: Die foto van ’n kameelperd en haar nuwe aankomeling is deur Johan Pretorius op die Stilbos Wildreservaat naby Klipkop geneem


Die sakkende son se kleurespel op dié beskeie ou bloekomboom is deur Eus de Clerk
van Cullinan geneem


Riana Snyman en haar brakkie, Buksie, het ’n uitstappie op hulle hoewe geniet, toe Riana dié treffende foto geneem het


Ligspeling op enkele herfsblare met ’n swaar, wit wolk regs
Foto: Laurika van der Linde 


Roxanne Dèhon het dié mooi ‘bontrok-mot’ afgeneem


Abrihahn Goose was met sy kamera op die spoor van ’n uitsonderlike foto ná ’n goeie bui reën in die gebied 


Net voor sonsondergang het Altie Potgieter dié rustige toneel in die Dinokeng-gebied afgeneem


Geen virus kan die kleur en reuk van laventel op Bashewa baasraak nie, sê Gene de Lange oor dié foto van hom 


Dié kuifkophoutkapper het ’n windlawaai-houding sonder weerga
Foto: Albert Bester


’n Uitsonderlike studie in rustige samesyn is te sien in dié foto wat Engela Hennop in Zwavelpoort se Kiepersolkamp geneem het


Mooi herfsblare wat Elaine Groenewald Hope op 13 April by ‘hulle dam’ afgeneem het


Laurika van der Linde het dié besondere skoenlapper in Rayton raakgesien


Antoinette Basson van Rayton sê die pragtige kosmosse langs die R515-pad oorkant Rhino Park gaan ná grendeltyd nie meer so mooi wees nie


Nick Anderson het die spinnekop se web in die vroegoggend mistigheid van 5 April
op Zwavelpoort raakgesien


Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: 
Bronberg Uitgewers                          
Bank: 
First National Bank
Tak: 
Olympus Plaza                          
Takkode: 
258155
Rekening: 
62446997407
Soort: Tjek   
Verwysing: 
Donasie (jou naam)
E-pos: 
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:

 

© 2024 Die/The Bronberger