Begroting 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 25 March 2020 06:49
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Jaarliks in Februarie kondig die minister van finansies die regering se planne vir belasting, leen en spandeer aan. Die openbare finansies is nie in ‘n volhoubare posisie nie: Die regering spandeer meer as wat die ekonomie kan bekostig met die gevolg dat hulle al hoe meer leen om die tekort te finansier.

Daar word vir die komende jaar beplan dat 78% van die besteding vir die nuwe jaar deur belasting finansier sal word, 20% deur lenings en 2% deur ander nie-belasting inkomste.

Nuwe belastingkoerse




Die aanpassing van die belasbare inkomstekerwe maak voorsiening vir werklike verligting wat meer is as inflasie.

Brandstofheffings: Vanaf 1 April 2020 gaan die algemene brandstofheffing met 16 sent per liter toeneem en die padongelukkefondsheffing met nege sent. Dit verhoog dus die algemene brandstofheffing na R3,70 per liter petrol en R3,55 per liter diesel. Die padongelukkefondsheffing verhoog na R2,07 per liter vir petrol en diesel.

Omgewingsbelasting: Die plastiese sak heffing sal vanaf 12 sent na 25 sent per sak toeneem vanaf 1 April 2020.

Maatskappye: Die inkomstebelasting vir maatskappye het onveranderd gebly op 28% vir maatskappye met ‘n jaareinde tussen 1 April 2020 en 31 Maart 2021.

 

© 2024 Die/The Bronberger