Leserslens Maart 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 25 March 2020 06:48
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Die mooi van ’n enkele kosmosblom wat op die oomblik in digte massas langs die gebied
se paaie te sien is
Foto: Albert Bester


Laurika van der Linde het die sonsondergang op Rayton uit ’n ‘ander hoek’ uit afgeneem


Die ganse gebied word weer vanjaar met kosmosblomme ingekleur. Dié pragtige onkruid is oorspronklik saam met perdevoer vir Britse soldate met die Engelse Oorlog ingevoer. Emma Koekemoer het die foto geneem


’n Toneel wat vroeg in Maart oral in die Bronberg-gebied gesien kan word
Foto: Altie Potgieter


’n Pragtige toneel aan die voet van die Bronberg
Foto: Engela Hennop


Ronel Legemaat het dié vroegoggend toneel op 15 Februarie by die Willem Prinsloo perde-uithourit op Rhino Park, verewig


Lientjie Wessels en haar brakkie het dié trapsuutjies gekry waar hy/sy die pad in
De Tweedespruit kruis


Alles is pragtig en skoon in die kliprante van ons gebied, sê Janine Smith


’n Welkome besoeker aan Louise du Plessis se tuin in die Silver Lakes-gebied


Dit wil lyk of die voorste skaap geen skaapkop is nie, as ’n mens na dié intelligente
uitdrukking in die oë kyk
Foto: Gene de Lange


Dollo Norman moes twee keer kyk om dié gekamoefleerde koggelmander teen ’n
denneboomstam raak te sien


Mari Dreyer was vroeg uit die vere om dié sonsopkoms oor Zwavelpoort af te neem


So groen soos . . . Veel groener as dié hottentotsgot op sy ‘jagplant’ kry jy nie sommer nie
Foto: Eus de Clerk


Die 14-jarige Skye Swanepoel van Cullinan bied ‘n alternatiewe blik op die supermaan van 9 Maart

 

© 2024 Die/The Bronberger