Einde van finansiële jaar Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 26 February 2020 10:15
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Met skrikkeljaar val die einde van die finansiële tydperk vanjaar op 29 Februarie. Wat maak finansiële jaareinde so spesiaal? ‘n Hele paar goed in die finansiële industrie gebeur op hierdie dag.

Verslagdoeningstydperk: Vir individue beteken dit die einde van die verslagdoeningstydperk vir SARS. Die indienings vir dié tydperk sal egter eers vanaf 1 Julie 2020 op e-filing oopmaak. Die meeste maatskappye en BK’s se finansiële jaareinde sal ook 29 Februarie wees. In uitsonderlike gevalle, indien dit so geregistreer is, kan dié entiteite se finansiële jaareinde op ander datums val, soos 30 April.

Voorlopige belasting: Waar ‘n sperdatum op ‘n naweek of openbare vakansiedag val, is die laaste besigheidsdag voor dit dan die sperdatum. Dus is Vrydag 28 Februarie die laaste dag vir die indienings van die IRP6’e (voorlopige belastings) vir periode 02/2020.

Rekeningkundige stelsels: Besighede wat gebruik maak van rekeningkundige stelsels, soos Pastel of selfs Payroll, moet onthou dat dit die laaste periode is waarin jy vir die finansiële jaar kan prosesseer. In meeste gevalle kan die stelsel ‘n 13de periode hanteer wat met jaarafsluiting weer periode een van die nuwe finansiële jaar word.

Nuwe koerse: Op 26 Februarie sal die minister van finansies, Tito Mboweni, sy begrotingsrede in die parlement lewer. Nuwe belastingkoerse vir die 2021 finansiële jaar sal afgekondig word. Dié koerse sal opgedateer word in salarisstelsels sodat nuwe salarisse einde Maart daarvolgens gedoen kan word.
In die finansiële en rekeningkundige bedryf lê daar nou ‘n besige tydjie voor om alles afgesluit, opgedateer en ingedien te kry.

 

© 2024 Die/The Bronberger