Leserslens Februarie 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 26 February 2020 10:14
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


‘Ons drieling’ is veilig en gelukkig en vlieg reeds die hele wêreld vol by Silverwoods-landgoed. Pa en ma laat maar min rustyd toe
Foto: Louise du Plessis


Bianca Steyn het dié witborsspreeu raakgeloop waar sy (die spreeu) haar vere behoorlik reggeskud het


Johann van der Linde het die broosheid van dié naaldekoker op Rooikoppies vasgevang


Ruiters te perd en ysterperd is onverhoeds deur ’n reënbui op ’n Tierpoortse plotpad betrap.
Nadine Bennet het die foto geneem en die versekering gegee dat almal nat maar veilig die rit voltooi het


Steven Rouvoet sê die pragtige veldplant blom elke jaar op sy grond in Kaalfontein se kontrei. Ons meen die volksnaam vir dié plant is rooikwas


Emma Koekemoer het dié foto geneem as bewys daarvan dat feetjies wel skuiling onder paddastoele soek


Dié uitsonderlike foto van rypwordende grassade is in die veld vlak by Cullinan deur Eus de Clerk geneem


‘Laat lewe’, noem Nicoline en Johan van As dié foto wat in hulle Raytonse tuin geneem is


Gesonde mielies met die belofte van nog reën in die agtergrond. Die foto is naby Bronkhorstspruit deur Laurika van der Linde geneem


Dollo Norman moes mooi kyk om die hottentotsgot in sy jagveld raak te sien


’n Brose eekhorinkie sit aan vir sy maaltyd
Foto: Jana du Plessis


Dit kos suutjies trap om nie hierdie grasgroen verkleurde mannetjie onder voet te kry nie en die fyn fotograaf-oog van Hannelie Roussouw om die outjie op haar grasperk raak te sien


Die 19-jarige Zoë van Sittert van Mooikloof vind baie geluk by die Mooikloofdam en sy geniet dit om na sonsondergange te kyk


Stephan Steyn het dié vlinder op ’n Iceberg-roos by sy ouers se huis op Rayton raakgesien


Wie het gesê rose is harde werk? Magda Ruytenberg van Rayton wys dat dié roos sommer self in die plaveisel opgekom het


‘n Geelbekeend dryf rustig op die water by Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Anton Prinsloo


Anton Prinsloo van Newmark Estate sê dié swarteende was baie besig om kos te soek toe hy hulle in die Rietvlei Natuurreservaat afgeneem het


Dié volstruismannetjie en -wyfie gaap van die hitte voor die pompoms in die Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Anton Prinsloo

 

© 2024 Die/The Bronberger