Leserslens Januarie 2020 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Een van die skatte in Lou Bornman se tuin in Mooikloofrif


Dit was ’n mooi oggend op die plaas, sê Katherine Jade Burgess, toe sy dié foto geneem het


Soos die somerdae warmer word, delf Simson die rifrughond van Buks Barnard al dieper op soek na koeler grond onder die kareeboom op Elandshoek 


Sonsopkoms oor Bashewa vroeg in Januarie soos afgeneem deur Heidi-Luise Lotze van Grootfontein


Uitgeslape, slim en opvreet-oulik is dié inwonende meerkat van Farm Inn
Foto: Laurika van der Linde


Plaasdamme oral in die gebied is danksy die goeie reën lekker vol – soos dié een op Nooitgedacht
Foto: Emma Koekemoer


Laurika van der Linde het dié opgeskote streepswaeltjie afgeneem waar hy gereed maak vir sy eerste alleenvlug


Net voor ’n ‘lieflike’ bui reën oor Kleinfontein uitgesak het, het `Alet Erasmus hierdie foto geneem


Dié vinkie het kom vra wanneer die voer dan uitgesit word toe Eus de Clerk haar voor die lens gekry het


Die son kom op oor Bronbergland
Foto: Ronell van der Merwe


Die sewejarige Elmary Coetzee het dié sonsondergang op die plaas Rooikopjes afgeneem


Reënweer op Boekenhoutskloof net voor sonsondergang
Foto: Altie Potgieter


Pure hondeplesier. Hilux die plaashond geniet ’n speelbeurt saam met sy kleinnooi
Foto: Driekie Williams


Uiteindelik ontmoet sy die Piet-my-vrou vir die eerste keer, sê Bianca Steyn. Die voël wat ’n mens altyd hoor, maar selde sien


Petrus Crous bewonder die reuse opslag-sonneblom in hulle tuin 

 

© 2024 Die/The Bronberger