Leserslens Desember 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 10 December 2019 07:58
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Die vreugde van kindwees op die platteland ná ’n welkome bui reën is hier deur Emma Koekemoer vasgevang


Pa en seun by die Zonderwaterdam soos afgeneem deur Anneline Grobler


’n Mooi somersdag by Bronkhorstbaai
Foto: Leila Steyn


Die mooi, lang pad na êrens in Bronbergland
Foto: Roxanne Dehon


Bobbejaansterte het ná die eerste goeie reëns op plekke in die gebied weer gedy. Elzja Beukes Roux het dié foto op Elandshoek geneem


‘Rammetjie uitnek’ noem Bianca Steyn dié foto wat sy geneem het


Anton Prinsloo van Pretoria het dié volstruis by Rietvleidam Natuurreservaat afgeneem


Die 15-jarige Nicola Prinsloo van Witpoort, distrik Welbekend, sê sy wil graag haar foto van bytjies met stuifmeel om hulle pootjies met lesers deel

 

© 2024 Die/The Bronberger