Leserslens November 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 19 November 2019 14:39
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Chamanda Prinsloo het dié sprekende droogte-foto op 18 Oktober op Donkerhoek geneem


Jacques Saaiman het dié weerligstraal so tien voor ses op 26 Oktober op Donkerhoek voor die lens gekry terwyl die perde ongestoord by die voerbak besig was


Varser kan jy plaasmelk in ‘n teetuin nie kry nie. Dié koei word by die Pienk Koei Teetuin op Kaalfontein gemelk
Foto: Hannelie van Jaarsveld


Blomme bring vreugde en dit is ’n teken van God se aanraking in die natuur, sê Calvin Kaspersen van Pienaarspoort


Soms moet ’n mens net opkyk en die wolke-prag beleef
Foto: Calvin Kaspersen


Marinda Smal was vroeg uit die vere om dié sonsopkoms oor Zwavelpoort af te neem


Kolganse in vlug oor die Zonderwaterdam
Foto: Hermann Grobler


Alleenvlug vroegoggend in die Cullinan-omgewing soos afgeneem deur Eus de Clerk


Dié vetplant is slegs een keer per jaar vir net ’n enkele dag in wit getooi. Arnold Steyn was byderhand om die ‘bruid’ af te neem


’n Goue sonsondergang op Witfontein. Ursula Joubert het die foto geneem


Sy gee glad nie om vir die verkeersopeenhoping op haar pad werk toe nie, sê Katherine Jade Burgess van Cullinan


Verwoestende stofstorms het groot dele van die gebied in Oktober geteister. Dawie Badenhorst van Nooitgedacht het die foto vanaf Roodeplaatdam geneem


Parmantig pronk dié kuifkophoutkapper voor Johann Pretorius se kameralens


Helena Naudé Potgieter van Tweedracht was erg opgewonde toe sy vroegoggend ’n nuwe gesiggie tussen haar broeiende silver sebright-kapokkies sien


Met die eerste amperse reënstorm in Oktober het Johann van der Linde dié treffende foto op die plaas Rooikoppies geneem


Wolkestapels oor die ooste van Pretoria ná die Oktober-storm
Foto: Esmé Meyer


Stofnat: Ná ’n paar druppels reën het Emma Koekemoer dié ‘spoor’ op ’n plotpad afgeneem


Die son sak agter die Bronberg in die Mooikloof-omgewing
Foto: Elaine Groenewald Hope


’n Trekduiker ‘span seile’ na die wind langs ’n dammetjie in die gebied
Foto: Laurika van der Linde


’n Uitbundige tiptol baljaar in Monique Leus se jakarandaboom


Altie Potgieter het dié rustige toneel van ’n sonsondergang langs ’n plaasdammetjie afgeneem

 

© 2024 Die/The Bronberger