Inkomste uit meer as een bron Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 22 October 2019 13:08
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Dit gebeur dikwels dat belastingpligtiges inkomste uit meer as een bron ontvang. Die uiteinde hiervan is gereeld dat daar ‘n bedrag aan SARS verskuldig is wanneer die belastingopgawe ingedien word. Hoe gebeur dit dan nou? Belasting word tog op altwee besoldigings afgetrek. Hier is ‘n voorbeeld van hoe dit gebeur:

Nie net word jy dan teen ‘n hoër koers belas nie, maar die korting word in der waarheid twee keer in ag geneem. Jy moet maar elke maand eerder bietjie ekstra wegsit om aan die einde van die jaar dié verpligting na te kom. Daar is heelwat mense wat ook ‘n reëling tref dat ekstra PAYE maandeliks van een van die besoldigings afgetrek word om hiervoor op te maak.

As jy nie ‘n reëling getref het vir ‘n oor-aftrekking van belasting nie en jy skuld SARS ‘n klompie geld waarvoor jy nie voorsiening gemaak het nie – stuur navrae rondom uitstaande skuld per e-pos aan SARS: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Indien jy nie die volle bedrag kan betaal nie, kan ‘n reëling vir afbetaling gemaak word. Dit is egter belangrik om die volgende in gedagte te hou: SARS kan die versoek afkeur. Rente sal steeds op agterstallige bedrae gehef word. Indien die reëling nie nagekom word nie, verval dit en word die volle bedrag onmiddellik betaalbaar.

Daar is ‘n opsie beskikbaar om op e-filing vir ‘n afbetalingsreëling aansoek te doen. Sodra jy ingeteken het op jou profiel, klik op “Tax Status”. Aktiveer jou “Compliance Status Profile”. Gaan dan na die “My Compliance Profile” opsie.

Alle uitstaande opgawes en skuld sal vertoon word. Klik op “Debt” wat rooi vertoon met ‘n blokkie wat sê “Non Compliant”. Klik op daardie blokkie wat ‘n opsie sal gee vir “Request Payment Arrangement”.

Voltooi al die nodige inligting wat gevra word met ‘n rede vir die versoek en “Submit”. SARS sal korrespondensie uitreik wat hierdie reëling bevestig.

 

© 2024 Die/The Bronberger