Leserslens Oktober 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 22 October 2019 13:05
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Sue Jordaan wys die eerste roos wat in die middel van September tussen die primulas in haar Murrayfield-tuin blom


’n Albatros in die Bronberg-gebied. Die inligting wat Gene de Lange gee oor dié vaartuig wat by Kitty Hawk kom draai het, is: “ZU ACI P166 Albatross ZU-ACI (voorheen SALM 885) Kuspatrollie. Maksimum spoed 400 km/h; reikafstand 2 130 km; 11.8 m lank 5 m hoog met ‘n vlerkspan
van 14.6 m.”


Gewoonlik raak ’n mens deeglik bewus van dié geveerdes se teenwoordigheid as hulle luidkeels aan’t roep gaan. Laurika het hierdie hadida in ’n rustiger, stiller oomblik voor die lens gekry


Sodra Kaatjie klaar is met die nuwe Bronnie sal ek darem seker ook ’n leeskansie kry, sê Buks Barnard van Nooitgedacht oor dié toneeltjie


Ligspeling oor Donkerhoek met sonsondergang
Foto: Hannelie O’Neil


’n Geel veldblommetjie met die agtergrond van ’n diep blou hemel oor Rooikoppies
Foto: Johann van der Linde


In die dorste toestande trek hierdie vetplant getrou elke jaar haar bruidsgewaad aan en blom vir net twee dae lank
Foto: Billy Crous


’n Sonneblom vertoon goud teen die agtergrond van ’n rooibaksteenmuur in Cullinan
Foto: Roxanne Dehon


Litrose begin blom in Altie Potgieter van Kaalfontein te tuin


Elaine Groenewald Hope se litrose het oordadig in die droogtetoestande geblom


Telkens verstom die skouspel van ’n sonsondergang hom, sê Eus de Clerk, wat die foto geneem het


Nadine Bennet het die tragiese, dog treffende toneeltjie ná ’n veldbrand op Tierpoort afgeneem


Dié berglikkewaan is op Nooitgedacht betrap waar hy besig was om hom trommel aan ganskuikens te vreet. Die kuikendief is aangekeer en met ’n waarskuwing in die nabygeleë Magaliesberg vrygelaat
Foto: Reline Ehlert Badenhorst


Die son kom getrou op in Welbekend se wêreld en werp sy eerste lig op strukture wat minder betroubaar is
Foto: Ronell van der Merwe


Volmaan soos gesien deur die bome van Onbekend
Foto: Ronell van der Merwe


Die geelvinkmannetjie het by sy bas afgewerk om dié kraamsaaltjie op Tweedragt te bou en toe maak die sterk wind korte mette van sy arbeid, sê Helena Naudé Potgieter


Oor dié foto van hom vra Gene de Lange van Bashewa: “Wat kan nou meer spoed optel en volhou as ’n vlakhaas wat brand ruik en wil wegkom?”


Jana Du Plessis het dié bloukopkoggelmander afgeneem waar hy ’n sonkolletjie op ’n boomstomp benut


Laatmiddag langs ’n plaasdammetjie in die omgewing
Foto: Altie Potgieter

 

© 2024 Die/The Bronberger