Leserslens September 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Wednesday, 25 September 2019 09:51
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Dié waterbok en koedoe het op 7 September mooi reggeskuif voor Johan Pretorius se kameralens. Die foto is op Klipkop se Stillbosch Wildlife Estate geneem


Anton Prinsloo het dié wilde dwergpapegaai (lovebird) in sy tuin in Newmark Estate afgeneem. Hy beskryf die foto as kleur in ’n valerige ná-wintertuin


Toe Gene de Lange van Bashewa die foto van die manhaftige mossie aanstuur het hy gevra dat Retha Joubert haar mossiestorie daarmee saam moet vertel en sy het: Mossie vlieg oor die veld en sien vir Olifant. “Hi Olifant,” roep hy. “Hi Mossie,” roep Olifant terug. Nie lank nie toe gewaar hy vir Luiperd, “Hi Luiperd,” groet hy weer. “Hi Mossie.” So kus langs sien hy vir Pikkewyn. “Hi Pikkewyn.” “Hi Mossie.” Hy maak so ’n draai oor die see en sien vir Haai. “Hi Haai.” “Mossie Mossie.”


Toe hy hierdie toneeltjie raakloop, het hy geweet die winter het sy rugkant op ons gedraai, sê Eus de Clerk


Ronell van der Merwe het dié gevlekte ooruil op Onbekend afgeneem


Dié bedding in haar tuin op Tweedracht het die heerlike afwagting op somer in Helena Naudé Potgieter wakker gemaak


Iets het duidelik die aandag van dié rooiborsduifie op die plaas, Rooikoppies, getrek toe kranige jong fotograaf, Johann van der Linde, dit voor sy lens gekry het


Die volmaan op ’n plaas buite Cullinan deur Altie Potgieter afgeneem


Sonsondergang afgeneem deur Emma Koekemoer op die berugte Nooitgedachtpad


Dié foto van Eus de Clerk gee ’n heel ander betekenis aan die woord ‘vingerete’


As die verlange na ’n sonsondergang in die bosveld jou gryp, hoef jy nie ver te gaan soek daarvoor nie. Altie Potgieter het dié foto in die Bronberggebied geneem


Hy skrik nie sommer vir ’n paar dorings nie, sê Hennie Malan van Rayton


Reline Badenhorst het dié foto met sonsaktyd op Nooitgedacht geneem


Die brose iris met sy perfekte kleurbalans is deur Laurika van der Linde afgeneem


“Hoera, dit is heerlike lente,” sê dié geelbekeend by die Rietvleidam Natuurreservaat
Foto: Anton Prinsloo


Hierdie besige bytjie kon skaars wag dat die bloeisel oopgaan
Foto: Jana Smit Du Plessis


Emma Koekemoer het dié skynbaar diep denkende bruinkopvisvanger voor die kameralens gekry


Lewensgewende water word op Grootfontein opgeslurp
Foto: Johan Jooste


Grootoog kyk dié blouvalkie vir Laurika van der Linde waar hy vir behandeling by die
Donkerhoek Veearts was


Boutyd en broeityd op Bashewa
Foto: Gene de Lange


Altie Potgieter het die laaste van vanjaar se winterveld met dié treffende foto op ’n plaas in die omgewing vasgevang


’n Rooikophoutkapper loer uit die uitgekapte boomnes
Foto: Laurika van  der Linde


Katherine Jade Burgess se dwergperdjie met die naam, Varkie, kom groet as sy van die werk af op die plaas aankom


Twee geelbekeende in vlug bokant die Zonderwaterdam
Foto: Hermann Grobler


Teen die einde van Augustus het Carel Breytenbach in die rante om Kleinfontein gaan stap en dié foto, wat hy ‘belofte’ noem, geneem

 

© 2024 Die/The Bronberger