Leserslens Augustus 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 19 August 2019 20:54
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


‘Winter vrolikheid’. Anche Kemp van Jakkalsdans het dié foto geneem om te wys dat die winter nie net vaal en droog is nie, maar ’n vrolike natuurprentjie kan skep


Sunette Ahlers en haar dogter Kira Liebenberg het die gebied een winternag in Julie gaan verken. Kira het dié omgesukkelde ooruil afgeneem


Trixie en Paljassie is twee gesoute plaaskatte van Onbekend
Foto: Anri Bekker


Eus de Clerk se inwonende trapsuutjies, Karma, slaap met sy groot oë toe


Altie Potgieter het dié foto met sonsondergang buite Cullinan geneem


Eus de Clerk se beskrywende byskrif by dié foto van ’n rooiborsduifie was bloot: ‘Koud’


As die mis vroegoggend só oor Elandshoek se wêreld hang, dan kan jy maar weet dit gaan ’n heerlike winterdag wees, sê Christa du Plessis


Die maan hang bokant dennebome op Bashewa voor die maansverduistering later op 16 Julie sou begin
Foto: Gene de Lange


Die papawer verleen ’n spatsel kleur in Alet Erasmus se wintertuin op Kleinfontein


Tienerfotograaf Johan van der Linde het dié nuwe lewe op die plaas, Rooikoppies, afgeneem


Sonsondergang op Rooikoppies
Foto: Johann van der Linde


Dié besonderse kerkie staan in ’n mooi tuin op Rayton waar Laurika van der Linde dit afgeneem het


Ou gomvoet kom haal elke aand se ete by die buitelig, sê Eus de Clerk

 

© 2024 Die/The Bronberger