Leserslens Julie 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 23 July 2019 11:26
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Gideon van Zyl het dié foto vanuit Bronberg Bewarea noordoos-waarts, oor ’n see van mis geneem


Dié vlei-uil het in die laatskemer skielik voor Roelof Jonkers op ‘n heining gaan sit. Die foto is in die Seringveld Bewarea net buite Cullinan geneem


Johan Pretorius, veldwagter by die Stillbosch-wildpark op Klipkop, het dié twee koedoes in Junie by die voerbak afgeneem


Reuben Yssel en Thea Duminy kuier by Granny die volstruis
Foto: Liesel Yssel


Gene de Lange van Bashewa sê dié skaap wat sy lelies so ewe deur die grensdraad verorber mog dalk net ’n kandidaat vir sy volgende spitbraai wees


Sonsondergang op Kaalfontein
Foto: Hannelie O'neil


Laurika van der Linde het die kontras op dié foto by Harmonie Proteas vasgevang


’n Hele wêreld in elke druppel, sê Eus de Clerk oor dié foto


’n Besonderse foto laatmiddag deur Jana Smit Du Plessis op Zwavelpoort geneem


Min kleure bekoor haar meer as dié oordadige glansblou van ’n glansspreeu


Wintertyd in Bronbergland
Foto: Riana Snyman


’n Mistige oggend oor die Pienaarsrivier
Foto: Liezel Yssel


Johann van der Linde het dié eensame mier op ’n droë boomstomp op Rooikoppies vasgevang


Spogperd en ruiter afgeneem deur Mariska van Zyl


Uitspattige kleur in die vaal winterveld. Emma Koekemoer het dié koedoelelie (Impala lily) afgeneem


Fyntjies trap dié kroonkiewietjie in die lang wintergras
Foto: Jana Smit Du Plessis


Hy is nie seker of dit ’n geval van voëlkyk of menskyk is nie, sê Eus de Clerk. Dié geelborswillie was nie skaam om ’n appel op die stoep saam met sy voëlkykende mens te geniet nie

 

© 2024 Die/The Bronberger