Leserslens Junie 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 25 June 2019 11:27
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Kayla Strydom van Pretoriuspark het die skoonheid in dié ou houttafel raakgesien


Anche Kemp van Jakkalsdans sê die natuur is ’n kunswerk op sy eie


Die son sak ná ‘n storm op Rietfontein 
Foto: Holly James


Laurika van der Linde het dié sonsondergang vanaf die Jan Ellis-sentrum op Kaalfontein afgeneem


Helena Naudé Potgieter het op dié pragtige verrassing in haar kweekhuis op Tweedracht afgekom


Herfstyd in Cullinan se kontrei
Foto: Eus de Clerk


Vir haar was dié ’n wonderlike stukkie natuur, sê Santie Harmse


Die stasiekat van Cullinan het model gespeel vir dié foto van Dollo Norman


Alet Erasmus se aalwyne met die Boschkopvallei in die agtergrond


Sonsondergang op Kaalfontein soos gesien deur Hannelie O’Neil se lens


Laatmiddag in die bos . . . wat ’n besondere sampioen langs die voetpad in die Donkerhoek-omgewing, sê Riana Snyman


Reuben Yssel het hierdie vasberade plantjie in ’n rotsskeur raakgeloop


Die muur in haar Murrayfieldse tuin word elke jaar met herfs gekleur
Foto: Esmé Meyer


In die mik van ’n Bronbergboom . . . Ronell van der Merwe het dié foto van Anri Bekker se troetelkat gestuur


Hy sien oral die mooi wat die winter saam met hom bring, sê Eus de Clerk. Die foto is in die veld naby Cullinan geneem


Sonsondergang in die bos steel haar hart, sê Anche Kemp van Jakkalsdans

 

 

© 2024 Die/The Bronberger