Jy en jou IRP5 Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Die sperdatum vir die indiening van werkgewer IRP5 rekonsiliasies vir die boekjaar geëindig
28 Februarie 2019, is 31 Mei. Dié rekonsiliasie staan beter bekend as die “EMP501 Annual Reconciliation”.

Die rekonsiliasie is basies om die werknemersbelasting wat gedurende die jaar vir elke werknemer afgetrek is, te rekonsilieer na die bedrae wat deur die jaar aan SARS oorbetaal is. Die verdere stap is dan om die IRP5’e daarvolgens uit te reik. Met die proses van rekonsiliasie word die IRP5’e ook by SARS ingedien.

Dit is baie belangrik dat werknemers nie nou moet dink dat die werkgewer dit “mos klaar” ingedien het en dat dit nou die einde van die verhaaltjie is nie. Nee, jou deel volg nog . . .

Werkgewers kan gebruik maak van die e@syfile™ Employer sagteware wat op die SARS webtuiste afgelaai kan word. Die betaalstaat-inligting kan direk uit die betrokke stelsel ingetrek word en die SARS inligting kan deur ‘n aanteken funksie ingetrek word. Waardes kan dan aanvaar of verwerp word.

Werknemer se gedeelte: Op 1 Julie maak die belastingseisoen vir die werknemers oop. Indien jy volgens die vereistes verplig word om in te dien, is dié nou jou gedeelte om na te kom.

Sodra jy op jou persoonlike e-filing profiel aanteken, sal die IRP5 wat deur die werkgewer ingedien is outomaties op die profiel verskyn. Dit is dan jou verantwoordelikheid om enige ander inkomste te verklaar (soos huurinkomste of rente) en kwalifiserende uitgawes in te vul (soos mediesefondsbydrae of annuïteite)

Nog ‘n sperdatum vir 31 Mei? Moet nie paniekbevange raak indien jy nog nie jou Opgawe van Verdienste by die Ongevallekommissaris ingedien het nie. Die sperdatum hiervoor is verskuif na 31 Mei. So, daar is nog ‘n paar daggies tyd om dit op datum te kry.

 

© 2024 Die/The Bronberger