Leserslens Mei 2019 Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 20 May 2019 10:00
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.



Die skaduwees trek strepe in die laatmiddag sonnetjie op Boschkop
Foto: Chris Dietzen


Marina Martin se twee katte geniet die uitsig vanaf die Bronberg se kruin op Zwavelpoort


Die kruis wat oor die Paasnaweek in Donkerhoek se gebied deur Laurika van der Linde vasgevang is


Herfskleure van ’n ander aard
Foto: Monique Leus


Oop-en-toe by die Rietvlei-reservaat
Foto: Hermann Grobler


Die ‘natuur se palet’ noem Eus de Clerk hierdie klip in ’n Cullinan-rantjie wat deur ligene ‘ingekleur’ is


Welkome opslagsampioene op Riana Snyman se grond ná ’n lekker buitjie reën


Die son sak oor Bashewa
Foto: Gene de Lange


Gene de Lange het dié skerp foto van ’n Russiese YAK 52 by Kitty Hawk geneem


Ronell van der Merwe het die Welbekendse katjie, Paljassie, in ’n ontspanne luim raakgeneem


Sonsondergang op Nooitgedacht
Foto: JJ van Staden


Sojabone so ver die oog kan sien. Sunette Alers het die foto op Welbekend geneem


’n Spesiale ontmoeting een oggend tussen Adele Roberts se rifrug en ’n koedoe. Hulle kom volgens haar nie gewoonlik so naby aan die huis in Cullinan se omgewing nie. Daar was vyf koeie en ’n kalf


Vars aan die boom ná ’n reëntjie
Foto: Alet Erasmus


Gereed om die goggas van die nag hok te slaan
Foto: Annecke Smidt

:
Herfskleure teen die agtergrond van ’n wolklose hemel
Foto: Laurika van der Linde


Soet versnaperings raak skaars vir die gebied se suikerbekkies
Foto: Emma Koekemoer


Nadine Bennet se merrieperd, Rake-em-in spog op haar Tierpoortplot. Adri Kruger het die foto geneem


Die oggendson gooi sy soeklig op die boomstamme
Foto: Emma Koekemoer


Riana Snyman sê die liefde blom tussen die kleine Lucia en haar perd O-La-La


’n Koedoekoei staan eensaam en aandagtig in die Bronberg se Kiepersolkamp
Foto: Engela Botes


Die klein geitjie het sy weerkaatsing in Eus de Clerk se donkerbril gesien, en heen-en-weer beweeg terwyl hy homself dophou

 

© 2024 Die/The Bronberger