Elke liewe Bronnie Print E-mail
News - Kommentaar
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

In die bykans 22 jaar van ons bestaan, het Die Bronberger hom as ’n baie gewilde bron van staaltjies, rubrieke, berigte en artikels oor die omgewing, gebeure en vermaak in die ooste en ten ooste van Pretoria gevestig.

Elke liewe Bronnie word deur drie tot vier gesinslede gelees en dieselfde kopie word herhaaldelik in wagkamers deurgeblaai. Die elektroniese Bronnie word aan intekenaars gestuur, wat dit dikwels verder met familie en vriende deel, en word op ons webtuiste afgelaai.

’n Paar uittreksels uit onlangse lesersbriewe wys hoe gulhartig die Bronnie deur lesers en adverteerders verwelkom word:
Thys Swanepoel van Vic-Haven: Dankie aan Die Bronberger wat ’n advertensieruimte skep vir ons ondernemings, hoe klein of groot ook al. Dankie aan elke leser wat reageer op ons advertensies en ons so getrou ondersteun.
Pieter Strobos van die Moot: Dankie vir julle pragtige tydskrif! Dit doen baie aan mense se moed, visie en alles wat nodig is om groei in ons mooi stad en land te laat plaasvind.
Dr John Baker van die Bronberg-gebied: Weereens, hartlik geluk met nog ’n wonderlike uitgawe! Sterkte vir julle vorentoe met die goeie werk wat julle doen!
Sharon Willemse van Sinoville: Dit is altyd lekker om die ondernemings te ondersteun asook aktiwiteite wat aangebied word.
Marqueret von Wielligh van die Bronberg-gebied: Ek wil julle graag bedank vir ’n pragtige advertensie. Én vir julle vriendelike en behulpsame diens. 
Karien Vermaak van Rayton: Dankie vir julle moeite met die advertensies en ook die verspreiding. Ek kry maandeliks goeie terugvoer van my advertensie.
Louise Smith van Pretoria-Noord: Dankie vir ons groot bederf elke maand. Van ons huis reis die Bronnie per geleentheid na Witpenskloof naby Groblersdal waar hy verder opgelees word.
Lukas de Waal van Moreletapark: Dankie vir julle onbaatsugtige diens om die geskiedenis van Pretoria en omgewing op te teken en vir die nageslag te bewaar. Ek bid graag vir julle sterkte toe.
Esmé Meyer van Murrayfield: Uit my hart uit dankie vir dit wat julle opoffer om ’n baie groot en spesiale gemeenskap te dien en te verryk. Baie geluk met dit wat julle reggekry het! Dit is spesiaal.
`Alet Erasmus van Kleinfontein: Dankie vir al die interessanthede wat julle met ons in elke uitgawe deel!

Dit is waarlik ’n geval van ’n blye kringloop: Ons lesers is gek oor hulle gebied se eie tydskrif en die Bronnie word deeglik, gereeld en met oorgawe gelees. Ons adverteerders kry daarom goeie blootstelling en word goed ondersteun – hulle adverteer dus weer en gewoonlik gereeld. Ons bly dankbaar daaroor.

 

© 2024 Die/The Bronberger