Vier die Bronnie se 21ste verjaardag saam met ons! Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 18 August 2023 08:00
Untitled Document

Hierdie is jou amptelike uitnodiging om die Bronnie se 21ste verjaardag in September saam met ons te vier. Dié herdenking is vir ’n gratis, onafhanklike publikasie ’n ongelooflike mylpaal om te bereik – amper ongekend in die perswese.

Van meet af aan is die Bronnie aan geen publikasiegroep of enige ander borgskap verbind nie en so het dit deur 21 jaar gebly. Die Bronnie se enigste inkomste is uit advertensies – daarom is adverteerders hierdie gewilde gemeenskapblad se lewensaar. Ons lojale lesers weet dit baie goed en dit is hoekom hulle uit hul pad gaan om adverteerders te ondersteun – sodat die Bronnie kan aanhou groei.

Die Bronberger is in September 2002 bo-op die Bronberg ‘gebore’ met Gerhard en Angie Kleijn as vennote in dié onderneming. Die hartseerste nuus is in April vanjaar met lesers gedeel – Gerhard Kleijn is oorlede. Die Bronnie groei voort en Gerhard sou van trots gebars het as hy kon sien hoe ons in September 21 jaar van bestaan gaan vier.

Ons wil baie graag so veel as moontlik van ons lesers-vriende en harts-gewaardeerde adverteerders, wat die 21-jaar-pad saam met ons stap, in die September-gedenkuitgawe verwelkom.

Dit is dié uitgawe om weer jou gesig, dienste en produkte te wys as jy oor die jare heen soms of sporadies in die Bronnie adverteer het. Die gedenkuitgawe is ook dié een wat die geleentheid aan ons gereelde adverteerders bied om lesers se lojaliteit vaster te knoop deur meer of ’n groter advertensie as gewoonlik te plaas.

Ondernemings wat nog nooit in die Bronnie adverteer het nie, sal vind dat nou die perfekte tyd is om ’n bewese, suksesvolle advertensie-medium te ontgin: Een wat baie uitdagings oor 21 jaar oorleef het om steeds waarde (en voete) na jou onderneming te lok. Soos Gerhard altyd gesê het: Eintlik is dit heel eenvoudig: Jy kry blootstelling en ondersteuning omdat ons lesers van hulle ‘eie’ Bronnie hou en dit graag WIL lees.

Ons vorige verjaardaguitgawes is oor die jare heen (ja, nou al ’n volle 21 van hulle!) baie goed ondersteun en baie goed deur ons lesers ontvang. Hierdie lentemaand se Bronnie gaan tradisioneel gepaard met ’n dankie-sê-geskenk van ’n groter druk-oplaag vir groter blootstelling aan ons lewensbloed, ons adverteerders, gepaard. Dit dien ook as uitnodiging om nuwe lesers te bevriend vir die pad vorentoe: ’n Pad wat van meet af aan in nederige vertroue en in hoop gestap word.  

Nuwe lesers word daagliks nuwe vriende sedert die grendeltyd toe ons genoop is om die Bronnie ook elektronies aan die ‘groter’ wêreld te voorsien – gratis soos ons sedert 2002 onderneem het en dit steeds doen.

Watter voorreg is dit nie om dié langpad met geesdrif saam met ’n baie spesiale en eiesoortige gemeenskap te kan loop nie . . .

Om in ons spesiale gedenkuitgawe te adverteer: Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Angie: 083-959-1016 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Tania: 072-089-0227 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Hannes: 072-992-5440 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger