Almal genooi na ons 19e verjaardag Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 20 August 2021 10:42
Untitled Document

Die Bronnie word met ons volgende (baie spesiale) uitgawe in September ’n stewige 19 jaar oud. Ons voel ons met dié 19e verjaardag-uitgawe in die besonder geseënd en oneindig dankbaar.

Die afgelope jaar was, om die minste te sê, nie altyd baie maklik nie en ons by die Bronnie, soos dit by talryke ander onafhanklike en kleiner gesinsondernemings die geval was, het voor ongekende uitdagings te staan gekom. Vir elke liewe adverteerder en leser wat ons volhoudend ondersteun, kan ons nie genoeg dankie sê nie.

Ondanks veranderde omstandighede, verwag ons dat ons gedenkuitgawe in September soos in die vorige jare weer met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun sal word. Daarby trek adverteerders hierdie jaar verdere voordeel uit bykomstige elektroniese blootstelling. Die uitgee van ’n elektroniese Bronnie het sommer gou ons stoutste verwagtinge oortref. Lesersgetalle het drasties gegroei en bestaande en nuwe lesers het die ‘drywende’ Bronnie met ope arms verwelkom.

En soos oor die afgelope 19 jaar, word  die drukoplaag van Die Bronbergerse glanstydskrif verhoog, om sodoende  vir ’n versamelaarsitem te sorg wat wyer, waardevolle en langdurige blootstelling van die advertensie- en redaksionele inhoud sal sorg.

Ons kan met vrymoedigheid almal wat in die laaste 19 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger adverteer het, nooi om ons verjaardag saam met ons te vier deur ’n advertensie in September se spoggerige uitgawe te plaas.  

Gereelde adverteerders kan dit gerus oorweeg om voluit te gaan – dalk met ’n groter advertensie. Vir diegene wat net soms of sporadies adverteer en vir daardie gewaardeerde ondersteuners wat lanklaas deur sy derduisende, geesdriftige lesers in die Bronnie te siene was, is September se gedenkuitgawe dié een waarin jou onderneming opnuut gesien wil word.

En as jy nog nooit in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om te ervaar wat dié gewilde gemeenskapstydskrif nou vir jou kan beteken.

Bespreek jou plek: Kontak Tania by 072-089-0227 of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kontak Hannes by 072-992-5440 of  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ’n e-pos na   This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger