Wees deel van spesiale Kersuitgawe Print E-mail
News - Kommentaar
Saturday, 14 November 2020 08:02
Untitled Document

Die Bronberger se Kersuitgawe van 2020 beloof om weer ‘n baie spesiale een te wees. Soos met vorige jare wil ons, in die gees van die Kersseisoen, ‘n besondere laaste Bronnie van die jaar die lig laat sien.

Dit was ‘n buitengewone jaar met baie uitdagings. Een van dié uitdagings het daarvoor gesorg dat ons ook nou maandeliks ‘n elektroniese Bronnie saam met die gedrukte glanstydskrif uitgee. In die proses het die Bronnie derduisende nuwe, gereelde lesers bygewen. Dit strek, sonder enige bykomstige uitgawe, tot groot voordeel van ons gewaardeerde adverteerders.

Interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, wat bepaald oor Kersfees en vakansie gaan, word beoog om weer vanjaar in ons Kersuitgawe opgedis te word. Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfeesstories wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Die verlede het geleer dat ons Kersuitgawes baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Een van die redes hiervoor is dat dit telkens reeds vroeg in Desember versprei word. Die Januarie-uitgawe, daarenteen, word eers teen die einde van die nuwe jaar se eerste maand uitgegee.

Dit beteken dat ons Kersuitgawe ‘n langer ‘leeslewe’ as enige ander Bronnie kry.

Die meeste van ons lesers het in dié vakansietyd ook baie meer ‘leestyd’ as gewoonlik. Die gevolg is dat Desember se Bronberger behoorlik en oor ‘n lang tydperk geniet word en dat jou advertensie of bydrae groot blootstelling geniet.

Omdat ons in lesers se huise en op hulle rekenaars en selfone gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in hulle advertensies oor te dra en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat in die moeilike 2020 geniet is.

Onthou net asseblief – ons sluit op Dinsdag 24 November vir advertensiebespreking. As alles na plan verloop, word ons Kersuitgawe reeds vanaf 2 Desember versprei en elektronies beskikbaar gestel.

Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfees- en vakansiestories en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers is baie welkom om ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ‘n briefie in die Bronnie oor te dra. Stuur jou brief per e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 083-959-1016 of stuur ‘n e-pos na  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Adverteerders van Bronkhorstspruit, Rayton, Cullinan en omgewing kan Hannes by 072-992-5440 bel of ‘n e-pos stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger